Die blaarsnyermier (Atta cephalotes) is 'n mierspesie wat in die tropiese reënwoude van Suid-Amerika voorkom.

Blaarsnyermiere is sosiale insekte wat in kolonies van tot twee miljoen miere voorkom. Hulle bedryf 'n vorm van landbou. Die hoofvoedselbron is 'n fungus wat in reekse ondergrondse kamers op blare gekweek word wat deur verkennermiere vir die kolonie versamel word. 'n Enkele mier sou 'n ryk bron van blare soos 'n boom nie kon benut nie, maar die verkennermiere los 'n chemiese spoor na die voedselbron wat ander miere na die boom lei. Talle miere werk saam om die blare te oes wat in die nes aan die fungus blootgestel word. Die chemiese spoor bevat die verbinding metiel-4-metielpirool-2-karboksilaat.Die chemiese karakterisering van die reukmerkvloestof van die Bengaalse tier, Panthera tigris tigris Proefskrif U Stellenbosch 2006

Verwysings

Kategorie:Insekte Kategorie:Simbiose