Die Porsche 928 is 'n luukse GT-motor vervaardig deur Porsche AG van Duitsland vanaf 1978 tot 1995. Oorspronklik bedoel om die maatskappy se goedbekende en beroemde 911 te vervang, kombineer die 928 die krag, houding en hantering van 'n sportmotor, maar met die verfyning, gerief en toerusting van 'n luukse sedan. Sommige Porsche-grootkoppe het gedink dit sou 'n voertuig met 'n groter aantrekkingskrag wees as die kompakte, prettige en soms moeilike 911.

Sedert sy ontstaan in 1949 het Porsche slegs sewe voorenjinmodelle vervaardig, vier was koepees, insluitend die 928. Die motor dra die onderskeiding dat dit die maatskappy se enigste koepee is wat aangedryf word deur 'n voorgemonteerde V8-enjin, en die maatskappy se eerste produksie V8-model. links|duimnael|320px|Porsche 928 S4 agterstewe

Kategorie:Porsche