duimnael|300px|A4 (A-formate)

A4 is die mees algemene grootte in die A-reeksformaat van papier. Die afmetings van A4 is 210 mm × 297 mm wat 'n oppervlak van 0,06237 m2 lewer.

Die 4 dui op die vier keer gehalveerde sye van 'n vel A0-papier. Die A0-formaat het per definisie 'n oppervlakte van 1 m² en 'n lengte-breedteverhouding van √2:1. Derhalwe het die A4-formaat 'n oppervlakte van bykans  m² en deselfde lengte-breedteverhouding as A0. Die oppervlakte van 'n A4 is nie presies 1/16 m² nie weens afronding met elke halvering.

Die formaat is oorspronklik deur 'n DIN-numering (DIN 476 van 1922) gedefinieer en is later deur ISO oorgeneem as die huidige norm . In Duitsland word die formaat nog steeds as aangedui.

Eksterne skakels

Kategorie:Papier Kategorie:Standaarde