Die Fiat BR.20 is 'n tweemotorige bomwerper wat deur die Italiaanse Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 10 November 1936 voltooi. Hierdie vliegtuig het ook aan die Slag om Brittanje deelgeneem toe tien van hulle gedurende November 1940 Brittanje gebombardeer het. Sewe is afgeskiet deur Hawker Hurricanes.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Fiat BR.20M: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motorSkroef VervaardigerFiat A.80 RC 41 stermotor Kraglewering per motor1,000 perdekrag Vlerkspan21,56 m Lengte16,78 m Hoogte4,75 m Normale opstygmassa10,450 kg Maks. snelheid430 km/h op 4 000 m Operasionele hoogte5 000 m Togafstand2 000 kmBewapeningEen 12.7 mm Breda-SAFAT masjiengeweer in dorsaleskiettoring, drie 7.7 mm Breda-SAFAT masjiengewere in neus, stert en onder kajuit. Bomvrag1 600 kg in bomlaai
Bronne Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012 Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog