Die Leonides vorm ’n meteoorreën, of meteoorstroom, wat jaarliks tussen 14 en 21 November gesien kan word. Die naam verwys na die skynbare oorsprong in die sterrebeeld Leeu; tog is dit in werklikheid afkomstig van Komeet Tempel-Tuttle, wat op sy wentelbaan om die Son ’n groot aantal brokstukke (meteoroïede) agterlaat. Sodra die Aarde die baan van die komeet kruis, kom dit ook in aanraking met meteoroïdewolke. ’n Aantal brokstukke brand in die Aarde se atmosfeer uit en word as meteore (verskietende sterre) waargeneem. Die meteoorreën bereik elke jaar in November sy hoogtepunt – die presiese datum verskil van jaar tot jaar.
’n Buitengewone skouspel vind elke 33 jaar plaas. Wanneer die Aarde die wentelbaan van Komeet Tempel-Tuttle kruis kort nadat hy deur die binneste gedeelte van ons Sonnestelsel getrek het, styg die aantal sigbare Leonide-meteore duidelik. Hierdie groot meteoorstorm, met duisende meteore per uur, kon in 1966 oor Amerika gesien word. Die eerste rekord van die Leonides was in 902 n.C.
Beskrywing thumb|260px|links|Uitbeeldings uit die 19de eeu van die Leonides. Die Leonides is ’n vinnig bewegende stroom wat die Aarde se wentelbaan teen 72 km/s tref.Space.com The Power of a Shooting Star Groter Leonides het ’n deursnee van sowat 10 mm en ’n massa van ’n halwe gram, en hulle kan helder ligstrepe met ’n skynbare magnitude van tot veroorsaak. ’n Jaarlikse Leonidereën kan 12 of 13 ton deeltjies oor die hele planeet agterlaat.
Die meteoroïdes wat deur die komeet agtergelaat word, word in strepe georganiseer volgens hulle wentelbane. Hulle word deur verskillende planete versteur, veral Jupiter, en in ’n mindere mate deur stralingsdruk van die Son. Deeltjies in ou strepe is taamlik ver uitmekaar en veroorsaak ’n paar meteore per minuut. Jonger strepe is baie digter en veroorsaak elke 33 jaar ’n meteoorstorm, met meer as 1 000 meteore per uur.
Die Leonides bereik elke jaar omstreeks 18 November ’n hoogtepunt, maar meteore kan verskeie dae daarvoor en daarna gesien word.
Meteoorreëns
Jaar Aktiewe tyd Hoogtepunt Meteore per uur2006 19 Nov.78Leonids 2006: Morning of 19 November 2007 19 Nov. 35Leonids 2007: visual data quicklook 200814-22 Nov. 17 Nov. 99Leonids 2008: visual data quicklook 200910-21 Nov. 100 tot meer as 500 17 Nov.79201010-23 Nov. 18 Nov. 32Leonids 2010: visual data quicklook 2011 18 Nov.22Leonids 2011: visual data quicklook 20126-30 Nov. 20 Nov.47Leonids 2012: visual data quicklook 201315-20 Nov. 17 Nov. (nie sigbaar weens volmaan)–20146-30 Nov. 17 Nov. 15?2015? 17 Nov.202016? 17 Nov.10 2017? 17 Nov.10 2018? 17 Nov.252019? 17 Nov.15-20 2020? 7 Nov.10-15
Verwysings
Eksterne skakels Die Leonide-meteoorreën in Lochner se sterrekunde
Kategorie:Leeu (sterrebeeld) Kategorie:Meteoorreëns