120pxEkonomie van Frankryk Air France CAC 40 Euro Landbou SNCF
Die CAC 40 ('n afkorting van Cotation Assistée en Continu, "voortlopende lysting") is 'n Franse effektebeurs-indeks en die leidende indikator vir die effektebeurs Euronext in Parys. Die indeks verteenwoordig die veertig belangrikste aandele en is saamgestel uit maatskappye wat ten opsigte van hulle markkapitalisasie tot die eenhonderd grootstes in Frankryk behoort. Sy basisindeks van 1 000 is op 31 Desember 1987 vasgestel. Vanaf 1 Desember 2003 mag die indeks (onder inagneming van die ekonomiese gewigte) vry beweeg.
'n Besondere kenmerk van die CAC 40 is dat, alhoewel hy uit Franse maatskappye saamgestel is, sowat 45 persent van die aandele in buitelandse besit is. Die groot aandeel buitelandse beleggers is die resultaat van 'n lang reeks privatiserings, wat vanaf die tagtigerjare van die 20ste eeu in Frankryk plaasgevind het.
Samestelling 'n Lys van die maatskappye in die CAC 40 (soos gelys op 27 November 2022):
Air Liquide Airbus Alstom ArcelorMittal AXA BNP Paribas Bouygues Capgemini Carrefour Crédit Agricole Danone Dassault Systèmes Engie EssilorLuxottica Eurofins Scientific Hermès International Kering Legrand L’Oréal LVMH Michelin Orange Pernod Ricard Publicis Renault Safran Saint-Gobain Sanofi Schneider Electric Société Générale Stellantis STMicroelectronics Teleperformance Thales Total Unibail-Rodamco-Westfield Veolia Vinci Vivendi Worldline
Kategorie:Effektebeurs-indekse Kategorie:Ekonomie van Frankryk