Die Fairey Battle was 'n enkelmotorige bomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Britse Lugmag gebruik is. Die vliegtuig (model K 4303) het sy nooiensvlug op 10 Maart 1936 voltooi. Hierdie vliegtuig is ontwerp na aanleiding van Spesifikasie P.27/32 van die Britse regering vir 'n tweesitplekbomwerper vir daggebruik. Dit moes die Hawker Hart dubbeldekkervliegtuig vervang.
Tegniese besonderhede
+ Besonderhede van die Fairey Battle Mk II: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Rolls-Royce Merlin II V-tipe Kraglewering per motor 1030 perdekrag Vlerkspan16,46 m Lengte12,85 m Hoogte4,72 m Normale opstygmassa4 895 kg Maks. snelheid414 km/h op 4 572 m Operasionele hoogte7 620 m Togafstand 1 609kmBewapeningEen 0.303 Browing masjiengeweer in stuurboordvlerk, een 0.303 Vickers K-masjiengeweer agter in kajuitBomvrag Vier 113 kg bomme onder die vlerke
Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012
Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog