Die Avonture van Pinocchio (Italiaans: Le avventure di Pinocchio [le avvenˈtuːre di piˈnɔkkjo]) is 'n kinderboek oor 'n houtpop met die naam Pinocchio en die vele avonture wat hy beleef. Die boek is deur Italianer Carlo Lorenzini (onder die skuilnaam Carlo Collodi) geskryf en deur Enrico Mazzanti geïllustreer. Dit is aanvanklik op 1883 deur Libreria Editrice Felice Paggi in Florence gepubliseer.
Hierdie klassieke kinderboek is intussen in 240 verskillende tale vertaal en het wêreldwyd 'n oplaag van omtrent 35 miljoen bereik.Giovanni Gasparini. La corsa di Pinocchio. Milano, Vita e Pensiero, 1997. p. 117. Sedertdien is dit in verskeie tale (waaronder Afrikaans) vertaal en ook vir ander media (soos TV-reekse en rolprente) verwerk.
Verdere naleeswerk
. , . . .
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Kinderverhale