Die 2017 Superrugbyseisoen het op 23 Februarie 2017 afgeskop, met die eindstryd wat op 5 Augustus gespeel sal word, en voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit is die tweede seisoen van die vergrote 18-span-toernooi en die 22ste van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond plus een span uit Japan.

Vir 2018 keer die formaat egter terug na 15 deelnemende spanne. Suid-Afrika moes twee spanne van die 2017 seisoen (Cheetahs en Kings) weglaat en Australië een (Force) om in te pas by die nuwe formaat van die kompetisie.

Kompetisieformaat Die agtien spanne is geografies gegroepeer. Daar is twee streeksgroepe wat elk uit twee konferensies bestaan: die Australasiese Groep met vyf spanne elk in die Australiese en Nieu-Seelandse Konferensies en die Suid-Afrikaanse Groep met ses Suid-Afrikaanse spanne en een elk van Argentinië en Japan. Die Suid-Afrikaanse Groep is in twee konferensies van vier spanne elk opgedeel, genaamd Afrika 1 en Afrika 2

In die groepfase was daar sewentien rondes, waar elke span vyftien wedstryde gespeel het met twee loslootjies vir ’n totaal van 135 wedstryde.

Elke span het ten minste een keer teen elke ander span in sy konferensie gespeel; spanne het ook teen die spanne in die ander konferensie van sy groep gespeel, en ook teen een van die twee konferensies van die ander groep.

Die boonste span van elke konferensie het outomaties gekwalifiseer vir die kwarteindronde. Die volgende drie spanne in die Australasiese Groep en die volgende topspan in die Suid-Afrikaanse Groep het ook kwalifiseer vir die kwarteindronde. Die konferensiewenners is vir die kwarteindronde van 1 tot 4 gegradeer na gelang van die ligapunte wat hulle verdien het, terwyl die ander kwalifiserende spanne van 5 tot 8 op dieselfde manier gegradeer is.

In die kwarteindronde sal die konferensiewenners tuiswedstryde hê. Die konferensiewenner met die meeste ligapunte sal teen die kwalifiserende span met die minste ligapunte speel, die konferensiewenner met die tweede meeste punte teen die kwalifiserende span met die tweede minste punte, ens.

Die wenners van die kwarteindronde sal na die halfeindronde deurdring waar die span met die hoogste gradering teen dié met die laagste gradering speel, asook die twee in die middel teen mekaar.

Die wenners van die halfeindronde sal na die eindronde deurdring op die tuisveld van die span met die hoogste gradering.

Punte

Tabelnotas & Kompetisiereëls Tabelnotas Pos = Tabelposisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Punte teen (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte) DB = Drieëbonuspunt VB = Verliesbonus Slegs die verloorspan kan ’n maksimum van 2 bonuspunte verkry. Pte = Alle punte wat bymekaar gemaak is

Kompetisiereëls Die topagt spanne het vir die uitspeelronde kwalifiseer en hul finale puntestand het die loting vir die kwarteindstryde bepaal. Die groepwenners is van 1 tot 4 gekeur vir die kwarteindstryde, volgens die punte wat hulle tydens die groepfase gekry het, terwyl die ander vier spanne (5 tot 8) gekeur is volgens die punte wat hulle gedurende die groepfase gekry het. In die kwarteindronde sal die groepwenners tuiswedstryde hê met die hoogste 1 wat teen nr. 8 speel, 2 teen 7, 3 teen 6 en 4 teen 5. Die wenners van die kwarteindstryde sal na die halfeindronde deurdring waar die hoogste gekeurde span wat deurgedring het ’n tuiswedstryd kry teen die span wat deurgedring het met die laagste keuring en die span wat deurgedring het met die tweede hoogste keuring ’n tuiswedstryd teen die span wat deurgedring het met die tweede laagste keuring. Die wenners van die halfeindstryde sal in die eindstryd speel met ’n tuiswedstryd vir die span met die hoogste keuring.

Punte-uiteensetting: 4 punte vir ’n oorwinning 2 punte vir ’n gelykopuitslag 1 bonuspunt vir ’n verlies van sewe of minder punte 1 bonuspunt wanneer ten minste drie meer drieë as die opponent aangeteken word

Plasing op punteleër: Die puntestand word soos volg bereken: Groepleiers (m.a.w. groepleiers sal altyd onder die topvier tel) Tabelpunte Aantal wedstryde gewen Algehele punteverskil Aantal drieë gedruk Algehele drieëverskil

Ronde vir ronde

Wedstryddatums DatumDatumRondte 123–25 FebRondte 115–6 MeiRondte 22–4 MaartRondte 1212–13 MeiRondte 310–11 MaartRondte 1319–21 MeiRondte 417–18 MaartRondte 1426–28 MeiRondte 524–25 MaartRondte 152 Junie–1 JulieRondte 631 Maart–2 AprilRondte 169 Junie–8 JulieRondte 77–9 AprilRondte 1714–15 JulieRondte 814–15 AprilUitspeelrondes21–22 JulieRondte 921–22 AprilHalfeindronde28–29 JulieRondte 1028–30 AprilEindronde5 Augustus

Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel word

Rondte 1

Rondte 2 Geen somertyd in Perth.

Rondte 3 Geen somertyd in Brisbane.

Loslootjie: Bulls, Rebels

Rondte 4

Loslootjie: Force, Stormers

Rondte 5

Loslootjie: Chiefs, Hurricanes

Rondte 6 Sondag 2 April eindig somertyd in Australië en Nieu-Seeland.

Loslootjie: Brumbies, Jaguares, Kings, Sunwolves

Rondte 7

Loslootjie: Cheetahs, Crusaders, Lions, Rebels

Rondte 8 Paasnaweek

Loslootjie: Force, Highlanders, Sharks, Waratahs

Rondte 9

Loslootjie: Blues, Reds

Rondte 10

Loslootjie: Bulls, Hurricanes

Rondte 11

Loslootjie: Brumbies, Kings

Rondte 12

Loslootjie: Chiefs, Stormers, Sunwolves, Waratahs

Rondte 13

Loslootjie: Jaguares, Reds

Rondte 14

Rondte 15 Slegs Australasiese Groep

Slegs Suid-Afrikaanse Groep

Rondte 16 Slegs Nieu-Seeland (9 Junie)

Loslootjie: Blues, Crusaders, Highlanders

Slegs Australië en Suid-Afrikaanse Groep (7 tot 8 Julie)

Loslootjie: Cheetahs, Lions, Sharks

Rondte 17

Uitspeelwedstryde

Kwarteindronde

Halfeindronde

Eindronde

Verwysings

Kategorie:Sport in 2017 Kategorie:Superrugby