duimnael|Die Verenigde Nasies se embleem. duimnael|António Guterres, sekretaris-generaal sedert 1 Januarie 2017. duimnael|Kaart van lande wat al 'n sekretaris-generaal opgelewer het. duimnael|Die sekretariaatgebou is 'n 154 m (505 voet) hoog wolkekrabber en die middelpunt van die Verenigde Nasies se hoofkwartier.

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (SGVN) is die hoof van die Sekretariaat van die Verenigde Nasies, een van die belangrikste organe van die instituut. Die persoon wat die pos beklee word daarom feitelik as die hoof van die Verenigde Nasies beskou. Die sekretaris-generaal se magte is in hoofstuk XV (artikels 97–101) van die Handves van die Verenigde Nasies vervat, waar hy as die "die hoogste amptenaar van die organisasie" geskryf word. Die VN se Handves Sedert 1997 bestaan die amp van die adjunk-sekretaris-generaal.

Oorsig Die sekretaris-generaal word normaalweg vir 'n termyn van vyf jaar aangestel, wat meestal tot tien jaar verleng word. So 'n persoon word deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies op aanbeveling van die Veiligheidsraad verkies. Die meeste sekretarisse het 'n vleklose agtergrond en kom uit middelgroot lande. Slegs Kurt Waldheim was omstrede a.g.v. sy betrokkenheid by die Duitse Wehrmacht. Groot name word soms benoem vir die amp, maar hulle word nooit verkies nie.

Die pos van sekretaris-generaal word m.b.v. 'n rotasiestelsel oor die kontinente toegeken. In 2007 was Asië o.a. aan die beurt. Die Veiligheidsraad het Ban Ki-moon, Suid-Korea se minister van Buitelandse Sake, amptelik op 9 Oktober 2006 as kandidaat voorgestel. Verskillende stemrondes het plaasgevind, waartydens kandidate van ander Asiatiese lande uitgestem is of onttrek het. Op 13 Oktober is Ban deur die Algemene Vergadering as opvolger van Kofi Annan (uit Afrika) benoem.

Die sekretaris-generaal word in die Amerikaanse Verdedigingsdepartement as 'n vierster-generaal behandel. Hy is ook 'n erkende "fons honorum" (iemand wat titels kan toeken). In die hoedanigheid skep en verleen hy onderskeidings, waaronder talle medaljes vir vredesmissies.

Sekretarisse-generaal Die volgende persone het as sekretaris-generaal van die VN gedien: FotoSekretaris-generaalAmpstermynLand van oorsprongOpmerkingsVerwysings50pxSir Gladwyn Jebb24 Oktober 1945 – 2 Februarie 1946Verenigde Koninkryk(Europa)Waarnemend tot die eerste sekretaris-generaal verkies is150pxTrygve Lie2 Februarie 1946 – 10 November 1952Noorweë(Europa)Bedank250pxDag Hammarskjöld10 April 1953 – 18 September 1961Swede(Europa)Dood in vliegongeluk oor Noord-Rhodesië (nou Zambië)350pxU Thant30 November 1961 – 31 Desember 1971Burma(Asië)Tree na 2de termyn weens persoonlike redes af450pxKurt Waldheim1 Januarie 1972 – 31 Desember 1981Oostenryk(Europa) China veto sy derde termyn550pxJavier Pérez de Cuéllar1 Januarie 1982 – 31 Desember 1991Peru(Suid-Amerika)Weier om 'n derde termyn te dien650pxBoutros Boutros-Ghali1 Januarie 1992 – 31 Desember 1996Egipte(Afrika)Verenigde State veto sy tweede termyn750pxKofi Annan1 Januarie 1997 – 31 Desember 2006Ghana(Afrika)Tree na tweede termyn af850pxBan Ki-moon1 Januarie 2007 – 31 Desember 2016 Suid-Korea(Asië)Tree na tweede termyn af950pxAntónio Guterres1 Januarie 2017 – Nou Portugal en Oos-Timor(Europa en Asië) Tans in amp

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Sekretarisse-generaal van die Verenigde Nasies

Verenigde Nasies, sekretaris-generaal