Hubert Miles Gladwyn Jebb, 1ste Baron Gladwyn (25 April 1900 in Firbeck – 24 Oktober 1996 in Halesworth) was 'n prominente Britse politikus.

In Augustus 1945 (na die Tweede Wêreldoorlog) dien hy as uitvoerende sekretaris op die Voorbereidende Kommissie van die Verenigde Nasies. Van Oktober 1945 tot Februarie 1946 fungeer hy as die waarnemende sekretaris-generaal van die VN, tot Trygve Lie as die eerste amptelike sekretaris-generaal benoem is. Daarna word hy die Verenigde Koninkryk se ambassadeur by die Verenigde Nasies.

Ná die beëindiging van sy diplomatieke loopbaan word hy in 1960 tot die adelstand verhef, as Baron Gladwyn. Hy word lid van die Britse Hoërhuis waar hy hom by die Liberale Party skaar. Hy dien as plaasvervangende voorsitter van die liberale Hoërhuis-fraksie en woordvoerder vir Buitelandse Sake en Verdediging. Van 1973 tot 1976 was hy 'n lid van die Europese Parlement. In 1979 was hy 'n onsuksesvolle kandidaat tydens die verkiesing van die Europese Parlement.

Publikasies Van sy publikasies sluit in: Is Tension Necessary?, 1959 Peaceful Co-existence, 1962 The European Idea, 1966 Half-way to 1984, 1967 De Gaulle's Europe, or, Why the General says No, 1969 Europe after de Gaulle, 1970 The Memoirs of Lord Gladwyn, 1972

Eksterne skakels

Kategorie:Britse diplomate Kategorie:Britse politici Kategorie:Britte in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Lede van die Europese Parlement Kategorie:Sekretarisse-generaal van die Verenigde Nasies Kategorie:Geboortes in 1900 Kategorie:Sterftes in 1996