Die Handley Page Halifax was 'n viermotorige bomwerper wat deur die Britse Lugmag gebruik was tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die eerste van twee prototipes het op 24 September 1939 sy nooiensvlug onderneem. Die vliegtuig het ook aan die Berlynse Lugbrug deelgeneem.

Tegniese besonderhede Hier is die besonderhede van die Handley Page Halifax: + Besonderhede van die model B III: Item Statistiek Aantal motors 4 Tipe motor Skroef Vervaardiger Bristol Hercules XVI stermotor Kraglewering per motor 1615 perdekrag Vlerkspan31,75 m Lengte21,82 m Hoogte6,32 m Maks. opstygmassa24 675 kg Maks. snelheid454 km/h op 4 115 m Operasionele hoogte7315 m Togafstand met maks. bomvrag. 1 658kmBewapeningAgt 0.303 Browning masjiengewere (vier elk in dorsale- en stertskiettorings). een 0.303 Vickers K masjiengeweer in die neus.Bomvrag 5,897 kg

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog