duimnael|Pe-8 Die Petlyakov Pe-8 was 'n Russiese viermotorige bomwerper wat voor die Tweede Wêreldoorlog ontwerp is. Dit was Rusland se eerste viermotorige bomwerper en ook die enigste een wat hulle gedurende dié oorlog gebou het. Die prototipe het sy nooiensvlug op 27 Desember 1936 voltooi. Vladimir Petlyakov het die ontwerpspan gelei.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Petlyakov Pe-8 : Item Statistiek Aantal motors 4 Tipe motor Skroef Vervaardiger Mikulin AM-35A Kraglewering per motor 1 350 perdekrag Vlerkspan39,94 m Lengte22,47 m Hoogte6,10 m Maks. opstygmassa33 325 kg Maks. snelheid438 km/h op 7 600 m Operasionele hoogte9750 m Togafstand met maks. bomvrag van 2 000 kg. 5 445 kmBewapeningEen 20 mm ShVAK kanon in dorsale en stert- skiettorings. Een 12.7 mm masjiengeweer agter in elke motor. Twee 7.62 mm ShKAS masjiengewere in die neus.Bomvrag 4 000 kg

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog