Die f-blok is 'n deel van die periodieke tabel van die elemente wat uit 2*14=28 elemente bestaan. Wetenskaplikes stem nogtans nie altyd saam oor waar dit begin of eindig nie.

In hierdie blok raak die 4f en die 5f subskil van die elektronkonfigurasie gevul, nadat twee s-elektrone en een d-elektron reeds gevul is. 'n Geïsoleerde lantaanatoom in die grondtoestandDit is eintlik 'n suiwer teoretiese argument. In die natuur kom suiwer lantaan nie voor nie en selfs die sintetiese metaal bestaan nooit uit geïsoleerde atome nie, maar uit 'n klomp atome wat metaalbinding vertoon, wat die golffunksies van die valenselektrone verander. het 'n elektronkonfigurasie [Xe]6s25d1(4f0). Dit vorm -ione wat die edelgaskonfigurasie [Xe] besit.Dit is baie minder teoreties. Lantaanione kom wel voor. Die element word daarom dikwels as 'n oorgangsmetaal van die skandiumgroep gesien. Die f-blok begin dan met serium, wat -ione vorm met 'n [Xe]4f1 konfigurasie.Dit vorm egter ook -ione vorm met 'n [Xe]-konfig.

Ander wetenskaplikes sien juis lutesium met [Xe]6s24f145d1 as die oorgangsmetaalelement wat op die plek onder yttrium behoort te staan. Hulle laat die blok met lantaan begin.Die tabel onderaan toon beide en bevat daarom 30 elemente en nie 28 nie.

Die 4f-elemente (van lantaan tot met lutesium) word ook lantaniede genoem en die 5f-elemente (van aktinium tot met lawrensium) die aktiniede. Omrede die f-orbitale twee periodes later as die s-orbitale opgevul raak is hulle dikwels kleiner as die buitenste s-skil wat reeds gevul is (6s en 7s). Die gevolg is dat die f-elektrone gewoonlik min invloed op die chemiese eienskappe het. Dit is veral vir die 4f-elemente die geval. Hulle word daarom dikwels as lede van die skandiumgroep beskou en om die tabel nie te breed te maak nie, onderaan die tabel weergegee. Die 4f-elektrone tree selde as valenselektrone op en die atoom vorm gewoonlik net 3+ katione. 'n Uitsondering is byvoorbeeld serium wat wel 4+ ione kan vorm. By die aktiniede geld dit baie minder. Die energie van die 5f en 6d-orbitale wedywer meer en die elemente vertoon hoër oksidasietoestande soos uraan wat U(VI)-verbindings soos vorm.

Alle aktiniede asook die lantanied prometium is radioaktiewe elemente.

getal f-elektronef0f1f2f3f4f5f6f7f8f9f10f11f12f13f14 * Lantaniede 57La 58Ce 59Pr 60Nd Pm 62Sm 63Eu 64Gd 65Tb 66Dy 67Ho 68Er 69Tm 70Yb 71Lu * * Aktiniede 89Ac 90Th 91Pa 92U 93Np 94Pu 95Am 96Cm 97Bk 98Cf Es Fm Md No Lr </center>

Verwysings

Kategorie:Periodieke tabel