regs|duimnael|300px|BMW se besverkopermotorfiets, die R1200GS BMW Motorrad is die motorfietsmerk van die Duitse motormaatskappy BMW, deel van sy korporatiewe en handelsmerkontwikkelingafdeling. Die huidige direkteur-generaal van die eenheid is Hendrik von Kuenheim. BMW Motorrad produseer motorfietse sedert 1923, en sy inkomste vir 2009 was €1 069 miljoen uit die verkoop van 87 306 motorfietse, 'n afname in die 2008-syfer van €1 230 miljoen uit die verkope van 101 685 motorfietse. In Mei 2011 is die 2 000 000ste motorfiets deur BMW Motorrad vervaardig, 'n R1200GS.

Geskiedenis duimnael|links|BMW se eerste motorfiets, die R32 Die maatskappy het begin as 'n vliegtuigenjinvervaardiger in die vroeë 20ste eeu en tydens die Eerste Wêreldoorlog. BMW het sy eerste motorfiets vervaardig in 1923, die R32, wat gekenmerk is deur'n plattweelingbokserenjin. BMW Motorrad maak nog steeds gebruik van die plattweelingbokseruitleg, maar vervaardig deesdae ook motorfietse met 'n verskeidenheid enjinkonfigurasies.

Huidige produksie duimnael|BMW K1200S links|duimnael|2014 BMW S1000R Al BMW Motorrad se motorfietse word by sy aanleg in Berlyn, Duitsland vervaardig, hoewel sommige enjins ook in Oostenryk, China en Taiwan vervaardig word. Die meeste van die huidige motorfietse in BMW Motorrad se reeks is ontwerp deur David Robb, wie die maatskappy se hoofontwerper was van 1993 tot 2012 toe hy vervang is deur Edgar Heinrich.

In 2008 het BMW die DOHC Bokser HP2 Sport vrygestel, en toegetree tot die ernstige veldrykompetisie-motorfietsmark met die vrystelling van die BMW G450X motorfiets.

Verkope BMW Motorrad het in 2015 rekordverkope behaal vir die vyfde jaar na mekaar. Met 'n totaal van 136 963 fietse verkoop in 2015, het BMW 'n 10,9% toename in verkope geregistreer in vergelyking met 2014. Die grootste enkele mark in 2015 was weer Duitsland (23 823 eenhede), gevolg deur die VSA (16 501 eenhede), Frankryk (12 550 eenhede), Italië (11 150 eenhede), die Verenigde Koninkryk (8 200 eenhede) en Spanje (7 976 eenhede).

Verwysings

Kategorie:BMW Kategorie:Motorfietsvervaardigers