Troy Blacklaws (1965-) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer en onderwyser wie se eerste roman, Karoo Boy, later vir die verhoog aangepas en groot lof toegeswaai is. Sy ander romans sluit in Blood Orange en Crael Crazy Beautiful World.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Troy Michael Douglas Blacklaws is op 9 September 1965 in Pinetown gebore. Hy matrikuleer van die Hoër Jongenskool Paarl waarna hy aan Rhodes-universiteit studeer. Ná sy studies voltooi hy sy militêre diensplig en word 'n onderwyser. Hy het Engels in Engeland (by Stowe en Sherborne), Duitsland, Oostenryk en Singapoer aangebied.
Blacklaws se eerste boek, Karoo Boy, is in 2004 gepubliseer. Die boek is as "'n oproerige visie van Kaapstad in 1976" beskryf.
Sy tweede roman was Blood Orange, die verhaal van 'n wit seun in Afrika. Dit was die eerste keer in 2005 gepubliseer en is 'n samesmelting van memoires en fiksie. Die roman is deur Blacklaws, Greig Coetzee en Craig Morris vir die verhoog aangepas. Die toneelstuk, onder regie van Coetzee, is die eerste keer in Julie 2006 deur Morris by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad opgevoer.
In 2010 publiseer Blacklaws die fabel Bafana Bafana: A Story of Soccer, Magic and Mandela. Die boek is deur Andrew Stooke geïllustreer.
Sy derde roman, Cruel Crazy Beautiful World, is in 2011 gepubliseer. Die boek se titel is van een van Johnny Clegg se liedjies afkomstig. Die verhaal speel in 2004 in 'n post-apartheid Suid-Afrika af.
Publikasies
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense