Die Maremani-reservaat is oos van Musina in die provinsie Limpopo geleë. Dit omvat vlaktes, heuwels, klipperige dagsome, berge en riviere. Dit is 427 – 833 m hoog bo seevlak geleë. Die reënval varieer van 331 – 342 mm per jaar wat in die somer val. Die temperatuur varieer van 2,7 °C tot 43,8 °C en die gebied word as rypvry beskou.
Fauna Van die talle groot soogdiere wat hier voorgekom het, is daar slegs die blesbok, gemsbok en rooihartbees oor. Die graslaag is in 'n swak toestand en dit tref veral die grasvreters. Die veld is blootgestel aan indringing deur bosspesies. Sedert die stigting van die reservaat is talle spesies opnuut ingevoer.
Flora Die streek se plantegroei word veral deur mopaniebosveld gekenmerk. Daar is 6 tipes begroeiing wat 17 plantgemeenskappe omvat.
Klipperige dagsome: veral Ficus tettensis, Ficus abutilifolia, Commiphora marlothii en die grasspesie Danthoniopsis dinteri Mopanieveld: veral Colophospermum mopane, Terminalia prunioides, Kirkia acuminata, Combretum apiculatum en Gardenia resiniflua Lae mopaniebosveld: veral Colophospermum mopane, Boscia foetida, Rhigozum zambesiacum, Catophractes alexandri, die grasse Tetrapogon tenellus en Fingerhutia africana Spesie-arme mopanieruigtes met Terminalia prunioides en Boscia albitrunca Versteurde gebiede: Acacia tortilis, Dichrostachys cinerea Riviergemeenskappe: Combretum imberbe, Philenoptera violacea, Xanthocercis zambesiaca, Cyperus sexangularis
Daar is ongeveer: 71 boomspesies 92 struike 76 grasspesies 7 biesies, waaronder die fynbiesie 9 geofiete 30 sukkulente 6 parasiete 2 palms 2 varings 290 kruidplante 14 uitheemse plantspesies
Verwysings
Kategorie:Limpopo Kategorie:Natuur in Suid-Afrika