Die kleinblaarrotsvy (Ficus tettensis) is 'n boomspesie wat inheems aan die Suid-Afrikaanse provinsie Limpopo is. In Afrika is dit inheems in Botswana, Malawi, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:584178-1
Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit kom byvoorbeeld op klipperige dagsome in die natuurreservaat van Maremani voor.
Dit is 'n klein tot middelgroot bladwisselende boom wat gewoonlik in bosveld op klipperige skuintes voorkom. Dit kan rotse splyt. Die bas is taamlik glad en wit of liggrys van kleur. Die takkies is behaard en die blare hart- of niervormig 3,5-9 x 3-11,5 cm. Die bokant is ru en beide kante is behaard. Die ryp vygies word rooi en is 0,7 – 1,0 cm in deursnee.Field Guide to Trees of Southern Africa, , Struik, 1997, , , bls. 80 Die boom se FSA-nommer is 62.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Eksterne skakels
tettensis Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe