Noreen Berry (1931–2012) was ’n Suid-Afrikaansebore mezzosopraan met ’n lang en gevestigde loopbaan in die Britse opera. Sy was aan die Royal Opera House in Covent Garden verbonde, waar sy haar in verskeie rolle onderskei het. Sy was ’n gereelde gaskunstenaar by die Glyndebourne-fees, asook by die Sadler’s Wells-teater (English National Opera) en die Walliese en Skotse operageselskappe.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Beknopte biografie Berry is op 15 April 1931 in Port Elizabeth gebore en het musiek in Kaapstad studeer, aanvanklik as 'n pianis, waar haar suiwer sangstem ontdek is. In 1953 verhuis sy na Brittanje vir verdere opleiding, waar sy die res van haar lewe gewoon het.

Haar Britse verhoogdebuut was in 1954 as Berta by Glyndebourne, wat sy met Dryad in Ariadne opvolg. Later daardie jaar was sy Ježibaba in 'n besondere opvoering van Rusalka in die Royal Festival Hall, wat deur Rafael Kubelik gedirigeer is.

Haar rolle by Covent Garden sluit in: Emilia in Otello, Third Lady, Mrs. Sedley in Peter Grimes, Hecuba in The Trojans, Adelaide in Arabella, Hippolyta in A Midsummer Night's Dream en Filippyevna.Profiel van Noreen Berry, besoek op 2 Januarie 2016

Sy is op 7 Augustus 2012 in Londen, Engeland oorlede.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse operasangers