Danie Bester (1975-) is ’n Afrikaanse rolprentvervaardiger, bekend vir sy Bakgat-trilogie, Wolwedans in die skemer, Roepman, Verraaiers en talle ander flieks.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, In 2015 het Maroela Media hul Bioskoop-boffin-prys aan hom oorhandig vir sy bydrae tot die Afrikaanse filmbedryf. Tydens die geleentheid het Leon van Nierop gesê dat Bester se 2007-fliek, Ouma se slim kind, vir 'n herlewing van die Afrikaanse filmbedryf verantwoordelik is.Danie Bester aangewys as Maroela Media se Bioskoop-boffin, Maroela Media, 12 September 2015
Filmografie As vervaardiger:
Jou Romeo, 2016 Vir die voëls, 2016 Free State, 2016 Vir altyd, 2016 Sy klink soos lente, 2016 Ballade vir 'n enkeling, 2015 Hear Me Move, 2015 Ek Joke Net 2, 2014 Agent 2000 – Die Laksman, 2014 Road to your Heart, 2014 Musiek vir die agtergrond, 2013 Bakgat! tot die mag 3, 2013 Verraaiers, 2013 Wolwedans in die skemer, 1012 Hoofmeisie, 2011 Ek joke net 1, 2011 Roepman, 2011 Superhelde, 2011 Night Drive, 2010 Bakgat 2!, 2010 Ark of Mercy, 2009 Bakgat!, 2008 Ouma se slim kind, 2007
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers