Aletta Bezuidenhout (17 Mei 1949 - 10 Februarie 2024) was ’n Suid-Afrikaanse aktrise wat in Afrikaans en Engels optree, regisseur en skrywer. Sy is in Kenia gebore en het by die eertydse Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (Truk) gewerk. Sy was met die akteur Tertius Meintjes getroud en later met Anthony Perris.

Van die flieks waarin sy opgetree het, is Paljas en Weerskant die nag.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Op die verhoog is sy bekend vir haar rol in produksies soos Klaaglied vir Koos en Moeder Moed.

Lewe Bezuidenhout het aan die Universiteit van Kaapstad drama studeer en haar loopbaan by Kruik begin.Aletta Bezuidenhout by ESAT Sy het daarna verskutwerk gedoen, meestal eksperimentele werk in Die Ruimte. Later het sy na die ou Transvaal verhuis en by The Company en die Markteater gewerk, asook vir streeksrade vir die uitvoerende kunste, veral Truk en Kruik. Sy het ook TV- en rolprentwerk gedoen en later ander akteurs opgelei.

Vir Kruik het sy verskyn in onder meer Die Pantoffelmoordenaars en Oom Wanja. In Die Ruimte was sy in die 1970's te sien in onder meer Dusa Stas Fish and Vi, The Resistable Rise of Arturo UI en Treats. In 1974 het sy een van die stigterslede van The Company geword en was sy te sien in toneelstukke soos Begeerte, Mother Courage (1977), Vroue van Troje, Klaaglied vir Koos en The Minotaur’s Sister (1985). As vryskut was te sien in onder meer Loot (1986), The Women of Troy, Klaaglied vir Koos (1986), Drie Susters Twee en Reach (2007).

Haar werk as dramaturg skuit in Time of Footsteps, Silent Envelope, Angel in a Dark Room en Little Big World.

Bezuidenhout se TV-werk sluit in The Lady of the Camellias, Thicker than Water, Die Sonkring en Orion, en rolprente Djadje, Committed, On the Wire, Country of my Skull en Paljas.

Filmografie Suffer Little Children... (kort), 1976 as mev. Becker Weerskant die Nag, 1979 as Hannie du Preez Sam et Sally (TV-reeks), 1980 as mev. Schoppenhauer My Country My Hat, 1983 as Sarah van Rensburg On the Wire, 1990 as Aletta Fourie Committed, 1991 as Isandra The Good Fascist, 1992 as aanklaer Djadje – Last Night I Fell Off a Horse, 1993 Cycle Simenon (TV-reeks), 1995 as Madame Genève Paljas, 1998 as Katrina MacDonald Pure Blood, 2001 as Gertrude Ingrid Jonker: Her Lives and Time..., 2002 as Ingrid Jonker (stem) Curse of the Ring (TV-fliek), 2004 as Hallbera In My Country, 2004 as Elsa Malan Charlie Jade (TV-reeks), 2005 as Cleo Orion (TV-reeks), 2006 as Joan van Heerden Jail Caesar, 2011 as Julia Spoon, 2011 as Olivia Spoon

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Sterftes in 2024 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse dramaturge