Prins Andrew Romanoff (gebore as Andrew Andreevich Romanov; Afrikaanse transliterasie: Andrei Andrejewitsj Romanof; 21 Januarie 1923 – 28 November 2021) was ’n Russies-Amerikaanse kunstenaar en skrywer. Hy was ’n kleinneef van Rusland se laaste keiser, Nikolaas II, en 'n agter-agter-kleinseun in die manlike lyn van tsaar Nikolaas I. Sedert prins Dmitri Romanof se dood op 31 Desember 2016 was hy ’n aanspraakmaker op die hoofskap van die Huis van Romanof en president van die Romanof-familievereniging. Hy is ná sy dood opgevolg deur sy seun, prins Alexis Romanov, ook bekend as Alex Romanoff.
Biografie links|thumb|Prins Andrew Romanoff (middel) saam met die Russiese miljardêr Arkadi Wolozj (regs).
Romanoff is in Londen, Engeland, gebore as seun van prins Andrei Aleksandrowitsj van Rusland en sy eerste vrou, Elisabetha Sasso-Ruffo. Hy was die hoof van die familie van sy oupagrootjie, tsaar Aleksander III. Hy was die oudste lewende kleinseun in die manlike lyn van groothertog Aleksander Michailowitsj van Rusland en sy vrou, groothertogin Ksenia Aleksandrowna, die oudste suster van Nikolaas II; hy was dus die laaste tsaar se naaste verwant in die Romanof-familie. Sy peetpa was Edward VIII van die Verenigde Koninkryk. Die gesin het in sy kinderjare in ’n gastehuis by Windsor-kasteel gewoon.
Hy het in die Tweede Wêreldoorlog in die Britse vloot gedien. In 1949 het hy Brittanje verlaat en na die VSA verhuis, waar hy ’n ruk lank as ’n timmerman gewerk het. Hy het op 20 Desember 1954 ’n Amerikaanse burger geword.
In Amerika het Romanoff in Kalifornië gewoon. Hy het in 2007 ’n outobiografie, The Boy Who Would Be Tsar, die lig laat sien; dit is met sy eie kunswerk geïllustreer. Hy het ook al wêreldwyd uitstallings gehou.
Hy was getroud met Inez von Bachelin, sy derde vrou. Hy het drie seuns uit sy vorige huwelike gehad, onder andere sy opvolger, prins Alexis Andreievich Romanov.
Titel en aanspreekvorm In Afrikaans: Sy Hoogheid prins Andrei Andrejewitsj van Rusland
''L.W. Sedert die Russiese Rewolusie gebruik ander lede van die keiserlike familie nie eintlik meer "van Rusland" agter hulle naam nie – eerder die prinslike titel met die van Romanof agteraan.
Verwysings
Eksterne skakels The Boy Who Would Be Tsar: The Art of Prince Andrew Romanoff Romanof-familievereniging NPR Interview, Januarie 2007 with Andrew Romanoff: "The Boy Who Would Be Tsar" 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Aanspraakmakers op die Russiese troon Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 2021