Lauren Beukes (1976-) is ’n Suid-Afrikaanse roman-, kortverhaal- en TV-draaiboekskrywer en joernalis. Haar romans sluit in Zoo City (waarvoor sy die Arthur C. Clarke-prys in 2011 ontvang), Moxyland en The Shining Girls. Sy was ook die regisseer van ’n vollengte dokumentêr oor Mejuffrou Gay Wes-Kaap, getiteld Glitterboys & Ganglands, wat by die San Diego Black Film Festival as die beste LGBT-prent bekroon is.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Lauren Beukes is op 5 Junie 1976 in Johannesburg gebore. Sy het 'n MA-graad in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Beukes het vir tien jaar as 'n vryskutjoernalis gewerk, insluitend twee jaar in New York en Chicago.
Sy het haar eerste boek, Maverick: Extraordinary Women From South Africa’s Past, in 2005 gepubliseer. Daarna het haar eerste roman, Moxyland, in 2008 gevolg.
Publikasies Maverick: Extraordinary Women from South Africa's Past (2005) Moxyland (2008) Zoo City (2010) The Shining Girls (2013) Broken Monsters (2014)
Kortfiksie Beukes het werke van fiksie in verskeie versamelwerke gepubliseer: Urban '03 (2004) African Road: New Writing from South Africa (2005) 180 Degrees: New Fiction By South African Women Writers (2006) FAB (2007) Open: Erotic Stories from South African Women Writers (2008) Touch: Stories of Contact (2009) Home Away: 24 Hours, 24 Cities, 24 Authors (2010) Pandemonium: Stories of the Apocalypse (2011)
Ander Voorwoord vir Jeff Noon – Vurt, 20ste gedenkuitgawe (2013) Voorwoord vir Alan Moore – The Ballad of Halo Jones (2013)
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit Kaapstad