Regents Park is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek geleë, 4,5 km suidoos van die stadsaal. Dit word begrens deur La Rochelle in die weste en The Hill in die suide.
Geskiedenis Regents Park is in 1904 aangelê op die plaas Klipriviersberg en genoem na Regent's Park in Londen. Nes La Rochelle wat eens 'n blanke groepsgebied was, het Regents Park se wit bevolking sedert 1994 skerp afgeneem tot net 12,6% tydens die sensus van 2011, vergeleke met 32,1% in 2001.
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Johannesburg