Aapstertsteekgras (Aristida congesta Roem. & Schult.) is 'n grasspesie wat inheems is aan alle provinsies van Suid-Afrika asook aan Namibië, Botswana, Eswatini, Lesotho, Mosambiek en verder tot langs die Middellandse See. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.

SANBI vermeld twee subspesies: Aristida congesta Roem. & Schult. subsp. congesta Aristida congesta Roem. & Schult. subsp. barbicollis (Trin. & Rupr.) De Winter

Dit is 'n meerjarige digte polgras wat 10 - 75 cm hoog word. Die blare kan plat of gevou wees. Die pluime is 3 – 20 cm lank. Dit het stekeltjies met ongelyke kaffies. Die boonste is die grootste en kan 6,5 – 10 mm lank word. Dit kom in bladwisselende bosland op klipperige hellings of versteurde plekke voor.

Beweiding duimnael|links|Skets deur Roem. & Schult. duimnael|links|Die bloeiwyse, midwinter Dit het min waarde vir beweiding, behalwe as dit jonk is:

Verwysings

Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Grasse