Die Bog van Benin of Baai van Benin is 'n baai langs die kus van Wes-Afrika in die noordweste van die Golf van Guinee, wat in die Atlantiese Oseaan lê. Dit strek van Kaap Three Points in Ghana in die weste tot aan die Nigerdelta in Nigerië in die ooste, waar die baai in die Golf van Bonny oorgaan. Daartussen lê die lande Togo en Benin.

Die baai is bekend vir sy dreigende getye en was vir lank met die slawehandel verbind. Talle mense is in die tyd in die baai oorlede. Die oewers van die baai staan as die Goudkus en die Slawekus bekend.

Kategorie:Baaie Kategorie:Geografie van Benin Kategorie:Geografie van Ghana Kategorie:Geografie van Nigerië Kategorie:Geografie van Togo Kategorie:Seë van Afrika Kategorie:Seë van die Atlantiese Oseaan