Die riviergrasook: beesgras (Arundinella nepalensis Trin.) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika is. Dit kom in die provinsies Noord-Wes, Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit het 'n groot voorkomsgebied wat in Afrika noordelik tot Kenia reik en westelik tot Senegal. Verder kom dit in Indië, Nepal, die suide van China en in Australië voor.

Dit is 'n immergroen plant wat regop groei en 0,9 – 2 m of selfs tot 3 m hoog word. Dit het 'n kort geskubde wortelstok. Die halme word soms geoes om vir grasdakke gebruik te word.

Fotogalery

Verwysings

Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Grasse