Vaginale kanker is ’n soort kanker wat in die weefsel van die vagina voorkom. Primêre vaginale kanker is skaars en is gewoonlik ’n plaveiselselkarsinoom (PSS). Dit is meer algemeen dat die kanker van ander dele van die liggaam na die vagina versprei.
Vaginale kanker word veral aangetref by vroue bo 50 jaar, maar kan op enige ouderdom voorkom, selfs by babas. Dit kan dikwels genees word as dit betyds ontdek word. Chirurgie of ’n kombinasie van chirurgie en bestraling word gewoonlik gebruik om dit te behandel.
Tekens en simptome Daar is dikwels geen simptome nie en die kanker word meestal opgespoor tydens ’n roetine-ondersoek. As daar wel simptome is, is dit gewoonlik abnormale vaginale bloeding, wat ná seks of tydens, voor of ná menstruasie kan voorkom.
Ander, minder spesifieke tekens sluit in moeilike of pynlike urinering, pyn tydens seks en pyn in die bekkenarea. Die verskillende fases is:
Diagnose Verskeie toetse word gebruik om vaginale kanker te diagnoseer, soos:
Fisieke ondersoek Bekkenondersoek Papsmear Biopsie Kolposkopie
Verwysings
Eksterne skakels Clearinghouse of Information for DES daughters and Sons National Cancer Institute: Vaginal Cancer UK vaginal cancer statistics Cancer.Net: Vaginal Cancer
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Ginekologie Kategorie:Kanker