Die sekelgrasook: pluimsekelgras (Pogonarthria squarrosa) is 'n grasspesie ins die Poaceae familie. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Verspreiding Die spesie is inheems is aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die provinsies Noord-Wes, Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die ooste van Noord-Kaap voor. Dit is ook inheems in Angola, Benin, Botswana, Burundi, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Ghana, Ivoorkus, Kenia, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Beskrywing Dit is 'n meerjarige plant wat regop groei en 1,2 m hoog word. Dit het 'n opvallende bloeiwyse wat tot 40 cm lank kan word. Dit het 'n as wat reguit groei met talle kort en opwaarts gebuigde sytakkies, wat soos 'n visgraat lyk. Daarom heet dit in Engels die herringbone grass.

Sekelgras groei veral op versteurde grond. Dit is 'n harde en onsmaaklike subklimaksspesie en word as 'minder gewens' vir beweiding beskou.

Verwysings

Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Grasse