Sichuanchelys palatodentata was 'n skilpad uit die Jura-tydperk wat steeds tande gehad het. 'n Fossiel van die skilpad is in die paleontologiese vindplek Wucaiwan in die Wes-Chinese provinsie Xinjiang ontdek en dateer 160 miljoen jaar terug. Hierdie vonds beteken dat skilpaaie hulle tande langer behou het as wat wetenskaplikes aanvanklik gedink het. Sichuanchelys palatodentata is ongeveer 30 miljoen jaar jonger.
'n Verwante spesie is Mongolochelys efremovi wat 100 miljoen later in sentraal Asië geleef het. S. palatodentata is waarskynlik 'n vroeë verteenwoordiger van 'n groep skilpadagtiges wat lank in Asië oorleef het, moontlik tot die einde van die Kryt-tydperk. Joyce et al. noem hierdie groep die Sichuanchelyidae, wat 'n sustergroep van die huidige Testudines is.
Verwysings
Kategorie:Skilpaaie