Die vlakteriet (Restio quadratus) is 'n plant wat tot die restio's behoort, rietagtige plante wat kenmerkend is aan die Kaapse floraryk. Die spesie kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is hierdie plant, wat endemies aan Suid-Afrika is, as veilig (LC) gelys.

Dit is 'n rietagtige plant wat 2 m lank kan word en digte donkergroen pluime het wat pluiserig uitsien. Dit groei op die vlaktes veral op plekke waar water uit die grond sypel. Die vlakteriet kan maklik herken word deurdat sy stingels 'n vierkantige deursnee besit. Die wetenskaplike naam quadratus verwys daarna.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Grasse Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika