Dr. Gideon Daniel Roos (Worcester, 28 Oktober 1909 – Johannesburg, 9 Maart 1999)Sy grafsteen op Stellenbosch. URL besoek op 5 November 2016. was ’n akteur, omroeper, direkteur-generaal van die SAUK en stigter (in 1962), voorsitter en besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse Musiekregteorganisasie (SAMRO) en Dramatiese, Artistieke en Letterkundige Regteorganisasie (Dalro, gestig in 1968 of '69).Roberts, T. (hoofredakteur). 1975. Who's Who of Southern Africa. Johannesburg: Combined Publishers (Edms) Bpk. SAHistoryOnline.org.za. URL besoek op 5 November 2016. So het hy die grondslag vir die beskerming van outeursregte in Suid-Afrika gelê.Oudhoof van SAUK en Samro-stigter Roos sterf, Beeld, 11 Maart 1999. URL besoek op 8 November 2016.
In die Afrikaanse kunsteater veral het Gideon Roos hom onderskei, in die begin van die dertigerjare in Kaapstad en in die veertigerjare in Johannesburg, as toneelspeler en vertaler. Hy en sy eggenote, Esther Mentz, het ook opgetree in die eerste Afrikaanse klankrolprente wat in die veertigerjare gemaak is. Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. Roos word saam met mense soos proff. C.M. van den Heever en T.J. Haarhoff uitgesonder as Afrikaners wat weens die politieke verskille onder lede van dié groep nie op kulturele terrein ten volle aanvaar is nie, Stals, prof. dr. E.L.P. (red.). 1986. Afrikaners in die Goudstad, Deel 2. 1924–1961. Pretoria: HAUM Opvoedkundige Uitgewery. al was hy "toneelmens en radioman by uitnemendheid".
Herkoms en opleiding duimnael|links|320px|Die Universiteit van Stellenbosch se rugbyspanne, 1928. Gideon Roos sit links voor. Gideon Roos was ’n seun van die Springbokkaptein Paul Roos, na wie die Hoër Jongenskool op Stellenbosch die Paul Roos Gimnasium genoem is. Met dié skool se 125-jarige viering, wat Roos in Februarie 1991 bygewoon het, was hy op 82-jarige leeftyd die skool se naasoudste oudleerder. Sy suster, mev. B. Liebenberg het ook die geleentheid bygewoon.Paul Roos-Gimnasium vier 125ste jaar, Die Burger, 27 Februarie 1991. URL besoek op 8 NOvember 2016. Gideon Daniël Roos se name kom van sy oupa aan vaderskant, G.D. (Gielie) Roos (1852–1933).Genealogiese besonderhede op geni.com. URL besoek op 5 November 2016. Sy tante Sara Christina (Sarie) Pienaar-Roos was getroud met ds. Schalk Pienaar, die eerste predikant van die NG gemeente Merweville wat in 1918 daar in die amp oorlede is weens die griep. 'n Seun van ds. en mev. Pienaar en dus 'n neef van Gideon Roos, ook Schalk, was 'n koerantredakteur.Cillié, P.J. in Beyers, C.J. 1987. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel V. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
Roos het sy skoolopleiding ontvang aan die Stellenbosse Hoër Jongenskool, waar sy vader in April 1910 as hoof aangestel is (nadat hy oorgekom het van die Hoër Jongenskool op Worcester) en waaraan hy 30 jaar lank verbonde sou wees.Beyers, C.J. 1987. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel V. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Sy eerste twee grade, B.A. en LL.B., het Gideon Roos aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 1933 is hy as advokaat tot die Kaapse hooggeregshof toegelaat, maar reeds in 1934 gaan hy met 'n Rhodes-beurs na die Universiteit van Oxford, waar hy in 1936 die graad B.Litt. in volkereg behaal en die universiteit rugbykleure aan hom toegeken het (die "Oxford Rugby Blue"). Kruger, dr. D.F. 1963. Wie is wie in Suid-Afrika. Johannesburg: Vitae Uitgewers. Dr. Roos het sy liefde vir letterkunde en die klassieke tale van sy pa gekry (behalwe 'n deeglike kennis van Grieks kon hy ook vlot Duits en Frans praat), maar in Suid-Afrika het hy, anders as sy legendariese vader, nooit groot opslae in rugby gemaak nie, want dit was vir hom "baie inhiberend om in die skadu van so 'n rugbyreus te speel". Tog het hy deurgedruk met skole- en universiteitsrugby tot hy 19 was. Aan Oxford het hy die universiteit se hoogste sporttoekenning in rugby kry, want daar was hy "net een van duisende studente en nie een van Paul Roos se seuns nie. Toe het ek laat waai op die rugbyveld."Mnr. Musiek op 84 nog fier en regop, Beeld, 19 Julie 1994. URL besoek op 8 November 2016.
Van Oxford is hy na die Universiteit van Leiden vir die graad D.Phil. in internasionale reg. Terwyl aan hy in Nederland studeer het, het hy 'n telegram van die pas gestigte SAUK ontvang waarin hy gevra is om die Afrikaanse uitsaaidiens te begin. Dit was die einde van sy regsloopbaan.
Nadat hy sy doktorandus-eksamen afgelê het, keer hy terug in sy vaderland en sluit in Januarie 1937 aan by die uitsaaikorporasie.Malan, dr. Jacques P. (hoofred.) 1986. Suid-Afrikaanse Musiekensiklopedie. Deel IV. Kaapstad: Oxford University Press.Mnr. Musiek op 84 nog fier en regop, Beeld, 19 Julie 1994.
Loopbaan by die SAUK duimnael|links|270px|Die aantog van ossewaens tydens die simboliese gedenktrek van 1938 op pad deur Johannesburg se middestad. Dr. Roos sit links op die wa.
duimnael|regs|300px|Roos (naaslinks) woon 'n opvoering in Johannesburg by saam met madame Runitsch en mev. en mnr. A.M. van Schoor.
Roos was reeds voor 1934 (nadat hy sy studie aan Maties voltooi en voor hy met die Rhodes-beurs na Oxford is), aktief as 'n deeltydse, tweetalige omroeper by die Schlesinger Organisation van I.W. Schlesinger se African Broadcasting Corporation in Kaapstad. In Oktober 1937 het Roos die eerste voltydse Afrikaanse radioprogram in Suid-Afrika georganiseer en wel by die SAUK, wat op 1 Augustus 1936 gestig is met René S. Caprara as eerste direkteur-generaal (en dus Roos se voorganger). Potgieter, D.J. 1970. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 2. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd. Nadat hy die simboliese ossewatrek van 1938 as baanbreker van buite-uitsendings op hierdie ongekende skaal vergesel het, is hy aangestel as Afrikaanse programorganiseerder in Johannesburg en in 1940 as direkteur van Afrikaanse programme. Ook in 1938 het hy die eerste rugbykommentator geword wat in Afrikaans uitgesaai het en in dieselfde jaar het hy n tweede sportsoort regstreeks uitgesaai, naamlik beroepstoei. Dié sport was destyds besonder gewild vanweë die deelname daaraan van die Gemaskerde Wonder, Johannes van der Walt.Rugby eerste sport in Afrikaans uitgesaai, Beeld, 12 Desember 2012.
Fanus Rautenbach het in Mei 2001 in Die Burger geskryf die eerste omroepers by die SAUK, soos Roos en Pieter de Waal, moes aandpakke dra vir uitsending oor die radio, selfs al het hulle bedags uit die ateljee uitgesaai waar geen luisteraar hulle kon sien nie. "Die aandpak het hulle netjies en formeel en korrek gehou."Nie net die Mafia is gesteld op respek, Die Burger, 29 Mei 2001. In 2012 het Niekie van den Berg dit egter in dieselfde koerant laat klink asof dit Roos se eie keuse was. "Sy redenasie was: As jy oor die radio praat, nooi luisteraars jou in hul huise in en jy moet vanweë jou respek vir die luisteraar waardig geklee wees."75 j. se luistergenot, Beeld, 28 Oktober 2012.
In Maart 1942 is hy bevorder tot sekretaris van die SAUK en in 1948 tot direkteur-generaal. Om die SAUK te laat tred hou met buitelandse ontwikkelings in die uitsaaiwese, het Roos sakereise onderneem na die VSA, Kanada, Brittanje, die hele Europa aan die westekant van die Ystergordyn, Noord-Afrika, Indië, Indonesië, Australië en Nieu-Seeland.
In 1980 het Hans Strydom en Ivor Wilkins in The Super-Afrikaners, inside the Afrikaner-Broederbond breedvoerig geskryf oor Roos se aanstelling en eindelike bedanking as direkteur-generaal van die SAUK.Agent Provocateur: SABC soapie calls for reality check, Mail & Guardian, 22 Maart 2013]. URL besoek op 7 November 2016. Nadat die Nasionale Party in Mei 1948 die bewind by die Verenigde Party oorgeneem het, het dr. D.F. Malan ’n kabinet saamgestel van wie net twee lede, Eric Louw en Klasie Havenga, nie tot die Afrikaner-Broederbond behoort het nie. Malan, adv. J.G. Strijdom, adv. C.R. Swart, adv. E.G. Jansen, Eben Dönges, Ben Schoeman, F.C. Erasmus, dr. A.J. Stals en Paul Sauer was almal lede van dié geheime organisasie wat die NP die oorwinning in die verkiesing help behaal het. Die volgende stap was om Broeders aan die hoof van al die vername staatsinstellings in Suid-Afrika te plaas, waaronder die Suid-Afrikaanse Weermag, die Suid-Afrikaanse Spoorweë (indertyd die enkele grootste werkgewer in die land) en die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), die land se grootste mediaorganisasie. In eersgenoemde twee gevalle het die NP betreklik gou met behulp van die Broederbond volslae beheer oorgeneem, maar met die SAUK het dit aansienlik langer geduur.
Die eerste stap van die NP-regering om beheer oor die SAUK te verkry was om dr. S.H. Pellissier, die vader van die Volkspelebeweging en ’n jare lange lid van die Broederbond, as voorsitter van die SAUK-raad aan te stel, maar die voorsitterskap het nie veel gewig gedra nie. Ook was dr. Pellissier reeds 60 jaar oud met die NP se bewindsoorname en het hy nie genoeg dryfkrag gehad nie, volgens die Broederbond. Die eintlike mag in die uitsaaikorporasie het berus by die direkteur-generaal, maar destyds was daar geen Broeder wat enigsins op meriete aangestel kon word nie; daarom het hulle Roos gekies omdat hy, hoewel nie lid van die organisasie nie, na hul mening die mees geskikte kandidaat was, iemand wat hul saak goedgesind wou wees.
Roos, ’n opgeleide advokaat, het sy lewe gewy aan die uitsaaiwese. Wat veral by die Broederbond in sy guns getel het, was dat hy gehelp het om die simboliese ossewatrek van 1938 oor die radio so gewild te maak dat dit ’n emosionele volksbeweging geword het wat Afrikaners herenig het, iets wat ’n groot bydrae gelewer het tot die NP-oorwinning in 1948. Roos was veronderstel om net tot by die eerste stilhouplek buite Kaapstad saam te trek; daarna sou die res van die lang tog Pretoria toe so te sê ongesiens verbygegaan het, as Roos se uitsendings nie so uitstekend was nie. Hulle het die hart en verstand van Afrikaners sodanig aangegryp dat hy gevra is om saam te trek tot in Pretoria. Onwetend het hy met sy uitsendings presies dit bereik wat die Broederbond gehoop het die trek sou regkry.
Toe die Broederbond-beheerde kabinet in 1949 ’n nuwe direkteur-generaal vir die SAUK moes aanstel, het hulle Roos gekies, maar hom verkeerd opgesom. Hy het onwrikbaar op regverdige beriggewing en kommentaar aangedring sonder om een party bo die ander te bevoordeel en geweier dat die SAUK as ’n spreekbuis vir NP-propaganda gebruik word. Eers het die kabinet gedink dis Pellissier se skuld dat die uitsaaier onpartydig was; daarom het hulle hom in 1959 met ’n vooraanstaande Broeder, dr. Piet Meyer, vervang. Maar steeds het die SAUK nie oornag ’n regeringspreekbuis geword nie, want Meyer het nie die mag gehad om sy wil af te dwing nie en Roos het bly vasskop teen partydige uitsendings. Gevolglik het die Broederbond ’n tweeledige benadering gevolg: Meyer moes meer mag kry en Roos moes uitgewerk word.