duimnael|Die Guggenheim-museum in Bilbao, Spanje. duimnael|Die MARTa Herford-museum vir hedendaagse kuns.

Kontemporêre kuns is kuns wat in die hede geskep word. Kontemporêre kuns behels, en ontwikkel uit postmoderne kuns wat op sigself 'n opvolger van moderne kuns is. In omgangstaal is "modern" en "kontemporêr" sinonieme, wat tot 'n samesmelting van die terme "moderne kuns" en "kontemporêre kuns" deur oningeligtes lei.

Omvang Sommige persone definieer kontemporêre kuns as kuns wat in "ons leeftyd" geskep is, en gee daarmee te kenne dat leeftye en lewensduur verskil. Daar is egter 'n besef dat hierdie generiese definisie aan gespesialiseerde beperkings onderwerp is.

Die klassifikasie van "kontemporêre kuns" as 'n spesiale soort kuns in plaas van 'n algemene bywoordelike frase, kan na die begin van Modernisme in die Engelssprekende wêreld teruggevoer word. In Londen het die kritikus Roger Fry en ander die Kontemporêre Kunsvereniging in 1910 gestig as 'n privaatvereniging vir die aankoop van kunswerke wat in openbare museums uitgestal is.Fry Roger, Ed. Craufurd D. Goodwin, Art and the Market: Roger Fry on Commerce in Art, 1999, University of Michigan Press, , , google books 'n Aantal ander instellings wat die term gebruik het, is in die 1930's gestig, onder andere die Kontemporêre Kunsgenootskap van Adelaide, Australië, wat in 1938 gestig is,Also the Contemporary Arts Society of Montreal, 1939–1948 en 'n toenemende aantal ná 1945.Smith, 257–258 Baie, soos die Instituut van Kontemporêre Kuns, Boston, het die woord "modern" uit hulle naam verwyder aangesien Modernisme op daardie tydstip as 'n historiese kunsbeweging gedefinieer is, en omdat baie "moderne" kunswerke nie meer as kontemporêr beskou kon word nie. Die definisie van wat kontemporêre kuns werklik is, is egter nie in sement gegiet nie; dit is in die hede geanker met 'n begindatum wat voortdurend vorentoe geskuif word, en die werke wat die Kontemporêre Kunsgenootskap in 1910 aangekoop het, kan nie meer as kontemporêr beskryf word nie.

Spesifieke tydstipte wat 'n verandering in kunsstyle aangedui het, sluit die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die 1960's in. Daar was miskien 'n gebrek aan natuurlike breekpunte sedert die 1960's, en in die 2010's is daar wisselende, meestal onnoukeurige, definisies van wat "kontemporêre kuns" uitmaak, Kuns uit die afgelope 20 jaar word gewoonlik ingesluit, en definisies sluit dikwels kuns in wat uit die 1970's dateer;Some definitions: "Art21 defines contemporary art as the work of artists who are living in the twenty-first century." Art21 "die kuns van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu";"Contemporary art – Define Contemporary art at Dictionary.com". Dictionary.com. "die kuns van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu, albei 'n uitgroeisel en verwerping van moderne kuns";"Yahoo" . Yahoo. "Steng gesproke verwys die term 'kontemporêre kuns' na kuns wat deur kunstenaars geskep is wat vandag leef";"About Contemporary Art (Education at the Getty)". "Kuns uit die 1960's of 70's tot en met vandag";Shelley Esaak. "What is Contemporary Art?". About.com Education. en soms verder terug, veral in museumkontekste aangesien museums wat 'n permanente versameling van kontemporêre kuns huisves, dit verouderend vind. Baie gebruik die formulering "Moderne en Kontemporêre kuns" ten einde hierdie probleem te vermy.Examples of specializing museums include the Strasbourg Museum of Modern and Contemporary Art and Museum of Modern and Contemporary Art of Trento and Rovereto. The Oxford Dictionary of Modern and Contemporary Art is one of many book titles to use the phrase. Kleiner kommersiële galerye, koerante en ander bronne gebruik soms strenger definisies deur die "kontemporêre" tot werke sedert 2000 te beperk. Kunstenaars wat na 'n lang loopbaan steeds produktief is, en voortgaande kunsbewegings kan 'n sekere uitdaging inhou; galerye en kritici is dikwels onwillig om hulle werk tussen die kontemporêre en niekontemporêre te verdeel.

Instellings Die funksionering van die kunswêreld is afhanklik van kunsinstellings, wisselend van groot museums tot privaatgalerye, ruimtes sonder winsoogmerk, kunsskole en uitgewers, en die praktyke van individuele kunstenaars, kurators, skrywers, versamelaars en filantrope. 'n Groot verdeling in die kunswêreld bestaan tussen sektore mét en sektore sonder winsoogmerk. Gedurende die afgelope paar jaar het hierdie onderskeid egter al hoe vaer geword.

Die bekendste kontemporêre kunswerke word deur professionele kunstenaars by kommersiële kontemporêre kunsgalerye deur privaatversamelaars, kunsveilings, korporasies, staatsgefundeerde kunsorganisasies, kontemporêre kunsmuseums of deur kunstenaars self in kunstenaarsbestuurde lokale uitgestal. Kontemporêre kunstenaars maak 'n bestaan uit skenkings, toekennings en pryse sowel as deur direkte verkope van hulle werke. Beroepskunstenaars studeer aan kunsskole of tree uit ander terreine na vore.

Daar is oor die algemeen goeie verhoudings tussen staatsgefundeerde kunsorganisasies en die kommersiële sektor. In 2005 het die boek Understanding International Art Markets and Management berig dat 'n handvol handelaars die kunstenaars wat in toonaangewende staatsgefundeerde kontemporêre kunsmuseums uitgestal word, verteenwoordig.Derrick Chong in Iain Robertson, Understanding International Art Markets And Management, Routledge, 2005, p95. 

Uitsonderlike boeke en tydskrifte en individuele versamelaars kan 'n aansienlike invloed uitoefen.

Korporasies het hulleself ook by die kontemporêre kunswêreld geïntegreer deur uitstallings op hulle persele te hou, kontemporêre kunstoekennings te organiseer en te borg, en omvangryke korporatiewe versamelings op te bou.Chin-Tao Wu, Privatising Culture: Corporate Art Intervention Since the 1980s, Verso, 2002, p14.  Korporatiewe bemarkers gebruik dikwels die prestige wat met kontemporêre kuns geassosieer word om verbruikers se aandag op luukse goedere te vestig.

Kunsinstellings is al daaroor gekritiseer dat hulle voorskryf wat as kontemporêre kuns beskou word. Buitestanderkuns ("outsider art") is byvoorbeeld letterlik kontemporêre kuns daarin dat dit vandag geskep word. Een kritikus het egter geredeneer dat dit nie as sodanig beskou kan word nie aangesien die kunstenaars selfopgelei is en dus buite 'n kunshistoriese konteks werk.Gary Alan Fine, Everyday Genius: Self-Taught Art and the Culture of Authenticity, University of Chicago Press, 2004, pp42-43.  Handwerkaktiwiteite soos tekstielontwerp word ook by kontemporêre kuns uitgesluit, ondanks groot opkomste by uitstallings.Peter Dormer, The Culture of Craft: Status and Future, Manchester University Press, 1996, p175.  Volgens die kunskritikus Peter Timms moet daar gelet word op die feit dat handwerkvoorwerpe spesifieke waardes moet onderskryf ten einde by kontemporêre kuns ingesluit te word. "'n Keramiekvoorwerp wat gemaak is om kommentaar oor die aard van skoonheid te lewer, staan 'n groter kans om by die definisie van kontemporêre kuns ingesluit te word as een wat eenvoudig mooi is."Peter Timms, What's Wrong with Contemporary Art?, UNSW Press, 2004, p17.  duimnael|Museum van Kontemporêre Kuns (MOCA) in Miami, Florida 'n Spesifieke plek of groep kunstenaars kan op enige tydstip 'n groot invloed op latere kontemporêre kuns hê. Die  Ferus Gallery was byvoorbeeld 'n kommersiële galery in Los Angeles en het in die laat vyftiger- en die sestigerjare nuwe lewe in die Kaliforniese kontemporêre kunstoneel geblaas.

Openbare gesindhede Kontemporêre kuns blyk soms haaks te wees met 'n publiek wat nie voel dat kuns en kunsinstellings hulle waardes deel nie.Mary Jane Jacob and Michael Brenson, Conversations at the Castle: Changing Audiences and Contemporary Art, MIT Press, 1998, p30.  In Brittanje het kontemporêre kuns in die 1990's deel van populêre kuns geword, en kunstenaars is as sterre beskou, maar dit het nie tot die "kulturele utopie" gelei waarop daar gehoop is nie.Julian Stallabrass, High Art Lite: British Art in the 1990s, Verso, 1999, pp1-2.  Sommige kritici soos Julian Spalding en Donald Kuspit het beweer dat skeptisisme, selfs verwerping, 'n geldige en redelike reaksie op baie kontemporêre kuns is.Spalding, Julian, The Eclipse of Art: Tackling the Crisis in Art Today, Prestel Publishing, 2003.  In 'n essay getiteld "Art Bollocks" kritiseer Brian Ashbee "baie installasiekuns, fotografie, konseptuele kuns, video's en ander praktyke wat algemeen as postmodern bekendstaan, as te afhanklik van verbale verduidelikings in die vorm van teoretiese diskoers."Art Bollocks". Ipod.org.uk. 1990-05-05. Archived from the original on 16 July 2011. Retrieved 2011-08-17.

Kwelling 'n Algemene kwelling sedert die vroeë 20ste eeu is die vraag oor wat presies kuns uitmaak. In die kontemporêre periode (1950 tot nou) kan die konsep van avant-gardeFred Orton & Griselda Pollock, Avant-Gardes and Partisans Reviewed. Manchester University, 1996.  gebruik word om vas te stel watter kuns deur galerye, museums en versamelaars uitgesonder word. In sekere omstandighede word propaganda en vermaak gedurende die kontemporêre kunsperiode as kunsgenres beskou.

Pryse Die kompetisies, toekennings en pryse in kontemporêre kuns sluit die volgende in: Upcoming Artist Award deur The Aldrich Contemporary Art Museum Factor Prize in Southern Art Hugo Boss Prize toegeken deur die Solomon R. Guggenheim Museum John Moore's Painting Prize Kandinsky Prize vir Russiese kunstenaars onder 30 Marcel Duchamp Prize toegeken deur die ADIAF en Centre Pompidou Ricard Prize vir 'n Franse kunstenaar onder 40 Turner Prize vir Britse kunstenaars onder 50 Deelname aan die Whitney Biennial Vincent Award, The Vincent van Gogh Biennial Award vir Kontemporêre kuns in Europa The Winifred Shantz Award for Ceramists, toegeken deur die Canadian Clay and Glass Gallery Asia Pacific Breweries Foundation Signature Art Prize"Signature Art Prize – Home". Jindřich Chalupecký Award vir Tsjeggiese kunstenaars onder 35

Geskiedenis Hierdie tabel is 'n nie-omvattende lys van kontemporêre kunsbewegings en style volgens dekade. 1950's Abstract Expressionism American Figurative Expressionism American scene painting Antipodeans Bay Area Figurative Movement COBRA (avant-garde movement) Color Field Generación de la Ruptura Gutai group Lenticular prints Les Plasticiens Lyrical Abstraction (Abstract lyrique) Modern traditional Balinese painting New York Figurative Expressionism New York School Serial art Situationist International Soviet Nonconformist Art Red Shirt School of Photography Tachisme Vienna School of Fantastic Realism Washington Color School 1960's Abstract expressionism Abstract Imagists American Figurative Expressionism Art & Language Bay Area Figurative Movement BMPT Chicago Imagists Chicano art movement Color field Computer art Conceptual art Fluxus Happenings Hard-edge painting Lenticular prints Kinetic art Light and Space Lyrical Abstraction (American version) Minimalism Mono-ha Neo-Dada New York School Nouveau Réalisme Op Art Performance art Plop Art Pop Art Postminimalism Post-painterly Abstraction Psychedelic art Soft sculpture Systems art Video art Zero 1970's Arte Povera Ascii Art Bad Painting Body art Artist's book COUM Transmissions Environmental art Feminist art Froissage Holography Installation art Land Art Lowbrow (art movement) Mail art Papunya Tula Photorealism Postminimalism Process Art Robotic art Saint Soleil School Video art Funk art Pattern and Decoration Warli painting revival Wildstyle 1980's NAMES Project AIDS Memorial Quilt Appropriation art Culture jamming Demoscene Electronic art Environmental art Figuration Libre Fractal art Graffiti Art Late Modernism Live art Neue Slowenische Kunst Postmodern art Neo-conceptual art Neo-expressionism Neo-pop Sound art Transavantgarde Transgressive art Transhumanist Art Vancouver School Video installation Institutional Critique