Die bruinchromis (Chromis lepidolepis) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Brown chromis.
Identifikasie Die vis word tot 8 cm lank. Die lyf is slank en grysbruin. Die dorsalevin se punte is wit en swart. Daar is ook 'n kort, swart vertikale streep oor die oë. Die boonste en onderste rant van die stertvin is donkerder. Die vis leef in rotskusareas en aflandige riwwe in water wat 2 tot 25 m diep is. Hulle swem graag rond by bokant of hellings van die riwwe. Hulle is gewoonlik alleenlopers of kom in klein groepies voor. Die visse vreet soöplankton.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Chromis-lepidolepis.html
Verwysings
Kategorie:Beenvisse