duimnael P.J. Philander (*25 November 1921, Caledon –† 7 Februarie 2006, Las Vegas) was ’n Afrikaanse digter en skrywer.
Lewe en werk
Herkoms en vroeë lewe Peter John Philander was op 25 November 1921 op Caledon in die Overberg gebore as die tweede oudste seun van John en Suzanna Philander. Hy word op sy geboortedorp groot en woon hier die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerkskool by. Na standerd vier studeer hy privaat en matrikuleer op hierdie manier. Van 1936 tot 1939 studeer hy in Kaapstad by die Opleidingskollege Zonnebloem waar hy die Kleurling Primêre Laer Onderwyserskursus voltooi. Na kwalifikasie aanvaar hy in 1940 ’n betrekking as hulponderwyser aan die Engelse Sendingkerkskool in Calvinia. Gedurende hierdie jaar word hy geheg aan die Hantam en die Noordweste en hierdie streek en sy mense speel daarna ’n groot rol in sy gedigte en verhale. In 1941 aanvaar hy ’n betrekking in Plettenbergbaai waar hy privaat verder studeer en in 1942 voltooi hy die Senior Sertifikaat-eksamen. Op Plettenbergbaai ontmoet hy vir Alice Elizabeth Harker, met wie hy later trou. Drie seuns (George, Dennis en Peter) en ’n dogter word uit die huwelik gebore, maar die dogter Elsa is op tweejarige ouderdom oorlede.
Loopbaan In Julie 1942 keer hy terug na Calvinia en vertoef vyf jaar daar. Gedurende hierdie jare skryf hy al sy kursusse vir die B.A.-graad by die Universiteit van Suid-Afrika af en word hy as hoof van die Engelse Kerk Sendingskool aangestel. Genadendal word sy tuiste vanaf 1948 tot 1951, waar hy onderwyser is aan die Hoërskool Genadendal. In hierdie rustige dorpie, nie ver van sy geboortedorp af nie, skrywe hy sy eerste verse tydens ’n siekbed van drie maande. In 1952 word hy aangestel as hoof van die Schoonspruit Hoërskool op Malmesbury en in 1957 word hy hoof van die Hoërskool Belgravia te Athlone, ’n pos wat hy tot 1969 beklee. In 1961 gaan hy met ’n studiebeurs oorsee na die Verenigde State van Amerika waar hy onder reëling van die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse leiersuitruilprogram hoër en middelbare skole besoek. Na voltooiing van hierdie studiereis van drie maande waarin dit vir hom moontlik is om feitlik die hele land te deurreis, gebruik hy die daaropvolgende drie maande van sy verlof om Engeland, Europa en die Heilige Land te besoek. Hy verleng sy verblyf in elk van die klassieke lande Italië en Griekeland. Hierdie tweede helfte van sy reis word vir hom moontlik gemaak deur die Departement van Kleurlingsake en die Drie Eeue-Stigting, wat elk afsonderlike reisbeurse aan hom toeken.
Emigrasie na VSA In 1969 word hy deur die Groepsgebiedewet gedwing om afstand te doen van sy huis in Rondebosch. Hy emigreer dan na die Verenigde State van Amerika, waar al drie sy seuns hulle ook vestig: George, die oudste, as professor in Oseanografie aan die Universiteit van Princeton in New Jersey; Dennis as ’n psigiater in Minneapolis in Minnesota; en Peter as ’n geneesheer in Las Vegas in Nevada. Hy en sy vrou koop ’n huis in Locust Valley in New York. Philander gee onderwys in hoofsaaklik Engels, maar ook Godsdiens en Aardrykskunde, aan die Kwakerskool se Friends Academy op Long Island, New York tot met sy amptelike aftrede in 1986, waarna hy op deeltydse basis aangaan om taalkonstruksie te doseer. Hy aanvaar Amerikaanse burgerskap in 1978. In Junie 1988 ontval sy vrou hom aan ’n hartkwaal. Om haar gedagtenis te eer stig hy ’n beurs aan die Universiteit van Kaapstad, die Alice Philander Memorial Scholarship, waardeur hy poog om terug te gee aan Suid-Afrika. Philander self het in hierdie tyd probleme met sy gesondheid en ondergaan twee hartomleidingsoperasies, in 1984 en weer in 1986. Hy besoek Suid-Afrika gereeld as toerleier van skoolkinders en om weer Afrikaans te kan praat. In 1996 verhuis hy na ’n woonstel in Las Vegas, waar sy seun Peter woon.
Sterfte Hy is op 7 Februarie 2006 in Las Vegas oorlede aan hartversaking weens rumatiekkoors en ’n hartklepaandoening waaraan hy sedert sy jeug ly.
Skryfwerk
Poësie Hy publiseer verskeie gedigte in tydskrifte soos Standpunte. In sy eerste digbundel UurglasAntonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 11, April-Mei 1956. dui die titel reeds op die onderliggende motief van die bundel, naamlik die voortdurende gang en voortgang van dinge en die tyd.Antonissen, Rob. Kern en tooi. Nasou Beperk. Eerste uitgawe. Eerste druk. Elsiesrivier, 1963. Hierin word die mens gesien as weerloos en nietig en bewus van sy eensaamheid teenoor die kosmiese magte, terwyl die verganklikheidsmotief wat saamhang met tyd ook aan die bod kom. Daar is vyf gedigte van groter omvang in die bundel, waarin daar ’n poging is om die mens weer te gee in perspektief tot sy plek in die heelal en teenoor die geskiedenis. Oor die algemeen verloor hierdie verse egter ’n hegte samehang, wat afbreuk doen aan die geheel. Die gedig Komeet kan uitgelig word as ’n hoogtepunt, waarin ’n blinde bruin mandjiesvlegter se eensame bestaan en sy lewensreis vergelyk word met ’n komeet se reis nader en weg van die mensdom se planeet. In die gedig word die komeet-tema voortreflik aangewend in die beweging van die hoofkarakter, sodat sy lotgevalle ook kosmiese afmetings aanneem. Soos vorige beskawings vergaan en verslaafdes bevry is, so sal ook sy mense bevry word. Die hand teen die muur se titel verwys na die Bybelse verdoeming van die Babiloniese ryk en gee die vervlietendheid en kenmerke van beskawingsperiodes vanaf die antieke tyd tot die hede. “In Sy naam” is uitbeelding van die Romeinse geloofsvervolging, waar meesteres en slaaf saam die dood tegemoet gaan en die standverskil op aarde tussen hulle so vernietig word. Reliëf gee na aanleiding van die geografiese verskille van verskillende streke van die Kaap ’n uitbeelding van hoe die omgewing die lewenswyse van die mense beïnvloed. In Die slaaf aanvaar die slaaf deemoedig die stryd van die lewe, met die gebed dat die Here almal sal saambind in ’n eenheid. Hierdie gedig verwerk benewens die geskiedenis van ’n slawefamilie in Suid-Afrika ook die verhaal van die opstandeling Abraham Esau van Calvinia. Met ’n allegoriese inslag of aansluiting by die bundelmotief verkry verskeie ander gedigte aansluiting by ’n groter geheel of selfs kosmiese verband. Dit sluit in Voetpaadjies (waar die daaglikse voetpaadjies simbool word van die lewenspad en die bestemming van mens, dier en insek); Aand op Genadendal (met ’n mooi beelding van die nietigheid van die mens teen die uitspansel); Jonas (met sy suggestie van ’n groter taak wat op die werker wag); “Winteraand” (met ’n knap teenstelling tussen die nietigheid van die spreker in sy skuiling teen die natuurmagte buite); en Maaltyd (’n mooi gestalteskets van die moeder wat die gesin altyd na die maaltyd geroep het en na haar dood steeds in die portret voortleef, maar met die verloop van tyd word herinnering aan haar verorber soos gesimboliseer deur die aftakeling van die klokkie). Sonsverduistering is ’n mooi uitbeelding enersyds van hierdie vreemde natuurverskynsel en die impak daarvan op die diere en andersyds as simbool van die mens se weerloosheid en rigtingloosheid in ’n wêreld waar God se pad in skadu gehul en onduidelik is. Die Hotnotsriel se aansteeklike ritme sluit goed aan by die tema van die gedig, terwyl die woordgebruik knap die dansbewegings simuleer. Soortgelyk hieraan is die mooi Plaaspadliedjie. Enkele gedigte gee treffende indrukke van die stad en land (Deur stadstrate, Stad toe oor die Swartlandse vlaktes en Veldblomtuin by Caledon), terwyl Tafelbaai, Winteraand, Lente en Aandgebed mooi stemmingsgedigte is. Hierdie bundel is ’n vroeë hoogtepunt in sy oeuvre.
Vuurklip Antonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 38-39, Desember 1961-Februarie 1962.het as tema hoofsaaklik die geskiedenis van Suidwes-Afrika, wat in ses gedigte weergegee word, voorafgegaan deur ’n Raaisel en afgesluit deur Museum en Epiloog.Antonissen, Rob. Spitsberaad. Nasou Beperk. Elsiesrivier. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1966.Die titel van die bundel impliseer dat dit wat lewensloos lyk (die klip),Rykheer, Gloudina. Inset, Oktober 1961. die vermoë het om met lig en krag te ontwaak en die wêreld aan die brand te steek. Die jaar van die wildehonde is uitbeelding van die trek van die Herero’s en vlug voor vyandige magte na die suide in 1830, waarna volg die nomadiese bestaan van Jager Afrikaner wat van Tulbagh oor die Grootrivier trek. Hierna volg die soortgelyke procedé met Die jaar van die huis en Jonker Afrikaner en Die klippe praat en Hendrik Witbooi. So word die mites en heldedom van die bruin mense vir die eerste keer deel van die Afrikaanse poësie na aanleiding van die moorde en skrikbewinde van Jager Afrikaner, Jonker Afrikaner en Hendrik Witbooi in die negentiende eeu. Philander poog om hierdie geskiedenis tot ’n saga met epiese en visioenêre dimensies te verdiep, maar die gedigte mis oor die algemeen diepere besinning oor die betekenis en impak van hierdie mense, ten spyte van mooi beelding in onderdele. Die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap bekroon in 1961 hierdie bundel as wenner van hulle letterkundige kompetisie.
Die bruin kokon, wat deur die grafiese kunstenaar A.A. Langdown geïllustreer word, bevat kort verse oor die lief en leed van bruin werkers in die Boland wat elke wingerdstok en vrugteboom in hierdie landstreek aangeraak het maar steeds die stiefkind bly. Die kort verse lewer skrynende kommentaar op die lot van die bruin mense, toegespin in sy leed soos ’n “bruin kokon aan die bitterbessieplant”.
Die lang epiese gedig Zimbabwe Cloete, T.T. Standpunte. Nuwe reeks 86, Desember 1969.probeer om ’n grootse visie op die mens en sy lotsbestemming te gee na aanleiding van die trotse afsydigheid van die geskiedkundige Zimbabwe-mense teenoor omringende stamme en die parallel met die blankes en hulle verhouding tot ander rasse in Suid-Afrika. Die lang gedig, bestaande uit 307 kwatryne, is grootliks gebaseer op die teorie dat die Fenisiërs die antieke kompleks gebou het en daar ’n falliese of vrugbaarheidsgodsdiens gevestig het. Hulle ondergang kom dan as gevolg van hierdie seksuele wanpraktyke en die vyandskap met die omringende primitiewe stamme. Die digter sien dan ’n ooreenkoms tussen hierdie “meerderwaardige” ras se opgang en vernietiging en maak dit van toepassing op apartheid Suid-Afrika. As epiese gedig het dit die tekortkoming dat die verhaallyn te ingewikkeld is en die nodige samehang mis.
Konka Brink, André P. Rapport, 25 November 1979.bevat natuurtekeninge, uitbeeldinge van mense in hulle daaglikse gang en versugtinge van die bruin mense onder apartheid,Cloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 19 no. 3, September 1979. met die beskrywing van die lyding wat hierdie volk ondergaan.Van der Merwe, C.N. Beeld, 11 Junie 1979. Die sterk eenheid in die bundel is treffend, waar al die gedigte op mekaar ingestem is en wedersyds kommentaar lewer en toelig, met ’n duidelike progressie. Die eerste gedig, Genesis, sien die aanvang van die blanke beskawing aan die Kaap as ’n soort sondeval (met die Eva hier Eva Krotoa, die Khoi-tolk van Jan Van Riebeeck, waarin die Eva van Bybelse tye weerklink), terwyl die laaste gedig, Openbaring, die bloedige einde van hierdie beskawing voorspel. Die motiewe van skemer en dagbreek, lig en donker word herhaaldelik gebruik, asook die motief van vuur wat as simbool van hoop gesien kan word omdat dit vernietig wat waardeloos is. Droë rangskikking is treffend in sy oproep van ’n groter wêreld binne die beperkte ruimte van die gedig. Die gedig Outa lewer sosio-politiese kommentaar, met Squirrel wat onheil vir die land voorspel. Die versetvers Luistervink bevat ook ’n humoristiese element.