Anna Penzhorn is die skrywersnaam van doktor Anni Niewenhuis (Neé Badenhorst; 1942-Penzhorn, A.J. Lewenskets. Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein), ’n bekroonde Afrikaanse skrywer van liefdesverhale. Tot dusver het daar reeds 30 liefdesverhale uit haar pen verskyn.Romanzalesers: https://romanzalesers.wordpress.com/boeke/anna-penzhorn/
Lewe en werk Anna Badenhorst is op 15 Augustus 1942 op Koppies gebore as die jongste dogter van die boer Louw Badenhorst. Sy voltooi haar skoolloopbaan by die Sarel Celliers Hoërskool op Koppies en studeer daarna verder aan die Pretoria Onderwyskollege, waar sy haar as onderwyseres bekwaam.
Pas na afloop van haar studies trou sy op 21 Desember 1963 met die sakeman Johann Penzhorn. Die eerste tien jaar van hulle huwelik bly hulle in Johannesburg, waarna hulle na Pretoria verhuis. Hier studeer sy verder deur die Universiteit van Suid-Afrika en verwerf ’n doktorsgraad in Kommunikasiekunde.
Later trou sy met Karel Niewenhuis. Na aftrede verhuis sy en haar man na ’n plaas naby Modimolle in die Limpopo. Sy bied skryfskole aan en tree ook op as spreker by ATKV-skryfskole.
Skryfwerk Aanvanklik skryf sy sketse vir ’n koerant in Suidwes-Afrika, maar die koerant gaan spoedig ten gronde. Daarna skryf sy enkele radiosketse, een in 1970 en daarna ’n kort reeks in 1977. Vir die tydskrif Veldtrust skryf sy ’n aantal artikels oor bewaringsprogramme in die natuur, terwyl sy ook ’n rubriek oor vakansie-oorde vir die reisblad Op Safari skryf. Later skryf sy verskeie kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte. Sy wen verskeie pryse met haar skryfwerk, onder andere LAPA-Liefdesromantoekennings in 2000 (vir Gesteelde liefdeAnoniem. LAPA bekroon ‘Gesteelde liefde’. Die Taalgenoot, September 2001) en 2004 vir Hart van ’n held, asook Malan Media se Donker Sjokolade-liefdesverhaalwedstryd vir Tango in 2012.Van Bergen, Denise Die Pos: http://diepos.co.za/articles/news/18280/2013-03-28/plaaslike-skrywer-wen-prys
Haar eerste liefdesroman verskyn in Mei 1977 onder die titel Waar die kiewiet roep, waarna etlike soortgelyke boeke volg.De Kock, Helene. Beeld, 31 Mei 2004: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2004/05/31/B1/13B/01.html
Anderkant die winter (2004) handel oor ’n vrou wat betrokke raak in ’n buite-egtelike verhouding met ’n getroude man. Linda de Lange is die hoof van ’n prestige-kollege. Sy het ’n affair met Simon Meyer, maar kom gaandeweg agter dat die najaag van die bloot sinlike jou leeg laat. In die kalm Wilhelm, wat maar altyd daar was, vind sy al meer ’n sielsgenoot. Op pad na geluk moet Linda egter eers ’n groot tragedie oorkom.
In Anderkant die môrester (2010) vermoed Bronwyn Charalambous dat Gideon Neethling nie ’n gewone vakansieganger op Mgowenibaai is nie, maar ’n verskuilde agenda het. Sy geheim verander haar lewe, want hulle twee is as babas in die kraaminrigting omgeruil en deur die verkeerde ouers groot gemaak.
Fees van versoening (2013) handel oor ’n joernalis by ’n glanstydskrif wat opdrag ontvang om ’n onderhoud met ’n man te voer wie se familie in ’n jarelange vete betrokke is met hare. Hulle raak verlief op mekaar, maar sy besef dat sy sal moet kies tussen hom en haar familie, aangesien hulle sterk gekant is teen die verhouding.
In Onbereikbaar ver (2015) beland Daleen Joubert weer op die dorpie van haar grootwordjare, waar sy haar vasloop in haar eerste liefde, Dawid Hofmeyr. Dawid is egter reeds verloof aan Delia.
Publikasies Werke uit haar pen sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3APenzhorn%2C+Anna.&qt=hot_author JaarPublikasies1977Waar die kiewiet roep1978’n Vrou vir Sja-Sjani1980Die middeljaar1981Wildebessie-gety1989Saron1997Die Bosveldyuppie1998LemoenbloeiselsOm gevaarlik te lewe1999Kuiltjie2000Gesteelde liefdeDie liefde is GrieksPotte van kleiWie nie wen nie2001StrooihalmsWeerkaatsings van die liefde2002Dans van die liefde2003Eiland van verlangeNatasha van die see2004Anderkant die winterDie hart van ’n heldIemand om lief te hêLogika van die hart2006Liefdesdans’n Man met verbeelding’n Man soos LeoSpel van harteValentynsprokie2007Bly by mySjarmante bedrieërVerspeelde liefdeWinterbruid2008Anderkant dagbreekVlindersoene2009BruidskoorVerskietende ster2010Anderkant die môrester2013Fees van versoeningSneeusoeneDie sterre singTango2015Onbereikbaar ver2016Onder dieselfde sterre
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1942