Die blougroenchromis (Chromis viridis) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Blue-green chromis.
Identifikasie Die vis word tot 9 cm lank en die lyf is meer slank as rond. Die lyf is groengeel en die skubbe is lig blougroen. Daar is 'n blou lyn vanaf die oë tot die snoet terwyl die stert gevurk is. Die visse leef in vlak koraalriwwe en tropiese strandmere in water wat 1 tot 20 m diep is. Hulle vorm soms groot groepe wat bo die korale swem. Die onvolwasse visse hou digby die koraalkoppe en wanneer hulle bedreig word skuil hulle binne in die koraaltakke. Die visse vreet soöplankton.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Chromis-viridis.html
Verwysings
Kategorie:Beenvisse