Lithops hookeri (syn. Mesembryanthemum hookeri) is 'n dwergplantjie uit die vygies-familie. Dit is op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys. Lithops is afgelei van Gr. lithos, wat steen of klip beteken. Hierdie plant is een van die "lewende steentjies" of "toontjies" van die Karoo en 'n gunsteling onder versamelaars van vetplantjies.
Verspreiding Die spesie is endemies in Suid-Afrika en kom net in die provinsie Noord-Kaap naby Groblershoop aan die Oranjerivier se oewers voor.
Beskrywing Die blare van die plant sien uit soos twee niervormige klippies met 'n spleet van 3-6 mm daartussen. Die plant kan tot 6 paar blare besit wat tot 34x25mm groot word. Die bloeme is geel en kan 35 mm in deursnee word. Uit die spleet kom in die groeityd 'n nuwe paar blare tevoorskyn.
Galery
Verwysings
hookeri Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika