Conophytum auriflorum is 'n dwergplantjie, 'n knopie uit die vygies-familie. Op die SANBI-rooilys word twee in Suid-Afrika endemiese ondersoorte gegee wat altwee as seldsaam gelys is, omrede hulle net in beperkte gebiede in die sukkulente Karoo van die Noord-Kaap voorkom, maar daar nie bedreig word nie.
Dit is dwergplante wat as klein suiltjies voorkom, en hulle is baie goed aangepas by die Karoo se droë klimaat. Die blomme is goudgeel soos die wetenskaplike naam auriflorum aandui. Hulle is gewild onder mense wat vetplante kultiveer, maar dit is nie maklik om hulle te kweek nie. In die winter groei hulle veral goed weens die mis wat vir hulle vog bring. Te veel vog laat hul velletjies bars en dit veroorsaak littekens. In die somer rus hulle en moet hulle baie min water kry.
Subspesies Conophytum auriflorum Tischer subsp. auriflorum naby Komaggas. Conophytum auriflorum Tischer subsp. turbiniforme (Rawé) S.A.Hammer op die Spektakelpas naby Springbok, Noord-Kaap.
Galery
Verwysings
auriflorum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika