(528219) (met die bynaam Drac) is die eerste Trans-Neptunus-voorwerp (TNV) met ’n retrograde wentelbaan wat ontdek is. Sy helling van 103° en sy retrograde beweging dui daarop dat dit die vermiste skakel is tussen sy bron in die Hills-wolk en Halley-tipe komete. Dit is dus belangrik vir ’n groter insig in die evolusie van die buitenste Sonnestelsel. Die voorwerp is nie breër as 90 km nie. Met ’n halwe lengteas van 41 AE duur dit 266 jaar om om die Son te wentel.

Die ontdekking is op 16 Julie 2008 aangekondig deur die span van die Canada France Ecliptic Plane Survey onder Brett Gladman. ’n Amptelike naam is nie daaraan gegee nie; die bynaam "Drac" is na aanleiding van Dracula se vermoë om teen mure te loop.

Wentelbaan is die eerste TNV met ’n retrograde wentelbaan wat ontdek is – terwyl dit 32 AE van die Son af was. Dit het ’n perihelion van rofweg Uranus se afstand. Met sy helling van 103º is die wentelbaan amper loodreg op die sonnebaan; dit was in Julie 2014 net een van vyf voorwerpe bekend wat ’n helling van > 60° en ’n perihelion > 15 AE gehad het.

Sy ongewone wentelbaan beteken het dalk van moontlik die Hills-wolk af nader aan die Son beweeg nadat dit deur ’n onbekende swaartekraginvloed versteur is. Sy ontdekking dui dalk die bronstreek aan vir Halley-tipe komete, wat ook ’n retrograde wentelbaan het, maar hul oorsprong is steeds onbekend. Daar word geglo is self in ’n oorgangstadium na ’n komeet, en dit werp lig op die vorming en evolusie van die buitenste Sonnestelsel.

Die voorwerp kan ook nog ’n bewys wees van die bestaan van Planeet Nege. Wanneer sentoure te na aan reuseplanete kom, kan ’n wentelbaan soos dié van veroorsaak word.

Verwysings

Eksterne skakels 2008 KV42 by die JPL Small-Body Database 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sentoure Kategorie:Trans-Neptunus-voorwerpe