YouTube Creator Rewards (Engels vir skeppertoekennings), meer algemeen bekend as YouTube Play Buttons (speelknoppies), is 'n erkenning deur YouTube vir die mees populêre kanale op die platform. Dit is apart van die YouTube-toekennings wat bedoel is om die beste gehalte-video's te erken; die YouTube Skepperbelonings is uitsluitlik gebaseer op 'n kanaal se intekenaartal.

Daar is drie vlakke van belonings — Die Diamandspeelknoppie, vir kanale met 10,000,000 intekenaars Die Goue-speelknoppie, vir kanale met 1,000,000 intekenaars Die Silwerspeelknoppie, vir kanale met 100,000 intekenaars

Geskiedenis By VidCon 2012 se bedryfsdag, het YouTube se uitvoerende hoof, Tim Shey, die Goue-speelknoppie bekendgestel. Dit word toegeken aan die skeppers met meer as een miljoen intekenaars. Tydens die aankondiging het 78 kanale gekwalifiseer vir die toekenning. Daarbenewens het Shey aangekondig dat kanale met meer as 100,000 mense 'n $500 geskenkkaart sal ontvang en 'n DSLR-kamera. Kanale met meer as 100,000 mense sou later in aanmerking kom om 'n Silwerspeelknoppie te ontvang.

Drie jaar later, tydens die VidCon 2015, het YouTube se vise-president vir produkbestuur, Matthew Glotzbach aangekondig dat die Diamand-speelknoppie bekendgestel is, en dat dit toegeken sal word aan kanale met meer as tienmiljoen intekenaars. 

Verwysings

Kategorie:YouTube