Nicholas "Nicky" F. Oppenheimer (gebore 8 Junie 1945) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman en filantroop. Hy was voorheen die voorsitter van die De Beers-diamantmynmaatskappy en van sy filiaal, die Diamond Trading Company, asook die voormalige visevoorsitter van die Anglo American-korporasie.
Vroeë lewe Nicky is die seun van Bridget (née McCall) en Harry Oppenheimer, en kleinseun van sir Ernest Oppenheimer, die stigter van Anglo American en die eerste generasie van die familie om (vanaf 1929) die voorsitterstoel te beklee van die De Beers Diamond Mining Company in Suid-Afrika, wat in 1888 deur Cecil John Rhodes gestig is. Hy het onderrig ontvang by Harrow School en Christ Church, Oxford, met die vakrigtings filosofie, politiek en ekonomie en het 'n meestersgraad aan die Oxford-universiteit behaal.DEbswana: "Nicky Oppenheimer" 2000
Sakeloopbaan Nicky het in 1968 by die Anglo American Corporation aangesluit, en is in 1974 as 'n direkteur aangestel. In 1983 word hy die visevoorsitter. Hy het in 2001 uit dié pos bedank, maar tot 2011 aangebly as 'n nie-uitvoerende direkteur van die Anglo American-raad.
In 1984 is hy aangestel as visevoorsitter van die Central Selling Organisation (nou bekend as die Diamond Trading Company) en die volgende jaar, as visevoorsitter van De Beers Consolidated Mines. Ook in 1985 is hy aangestel as voorsitter van die Diamond Trading Company.Mining Weekly: "De Beers' Nicky Oppenheimer to receive lifetime achievement award" 24 Augustus 2012 Hy was voorsitter van die De Beers-groep van 1998 tot 2012, waarna hy afgetree het. Die familie se aandeel is toe aan Anglo American verkoop.
Filantropie Die filantropiese Oppenheimer-familie maak erns met die bewaring van die erfenis en kulturele belangrikheid van die suidelike Afrikastreek. Hulle maak dit ook hul taak om die breë gemeenskap op te hef met betrekking tot onderwys, gesondheid, natuurbewaring en die kunste. Nicky en sy seun, Jonathan Oppenheimer, het die Brenthurst-stigting in 2005 tot stand gebring as 'n manier om by te dra tot die debat rakende strategieë en beleid vir die bevordering van Afrika se ekonomiese prestasie en om inklusiewe en volhoubare ontwikkeling te bewerkstellig. Die familie is ook al lank betrokke by omgewings- en natuurbewaringskwessies. Die Oppenheimer-familie het in 2006 met De Beers saamgespan en die Diamantroete gevestig waarmee hulle hul eiendomme se potensiaal ten beste aanwend vir bewarings-, navorsings- en omgewingsbewustheidsdoeleindes. Die Diamantroete behels agt gebiede oor Suid-Afrika heen. Dit strek van Namakwaland aan die weskus, tot in Kimberley, dan noordwaarts na Tswalu in die Kalahari, vandaar na die Brenthurst-tuine in Johannesburg, dan ooswaarts na die Ezemvelo-natuurreservaat en laastens noordwaarts na die Venetia Limpopo-natuurreservaat in die Limpopoprovinsie.
Toekennings In 2003 het die Technikon Witwatersrand in Suid-Afrika 'n doktorsgraad in tegnologie, honoris causa,Bloomber: "Nicholas "Nicky" Oppenheimer" aan hom toegeken. Dit was die eerste keer dat dié technikon so 'n graad aan 'n persoon toeken, hetsy in die openbare of privaatsektor. Hy het ook die Presidensiële Ere-orde (2004) van die voormalige president van die Republiek van Botswana Festus Mogae,Polished Prices: "Weekly Market Report" 5 September 2010 asook 'n eregenoot (2009) van die London Business School ontvang.Israeli Diamond: "Nicky Oppenheimer Takes helm as Debswana Chairman" 1 September 2010
Persoonlike lewe Hy is in 1968 getroud met Orcillia "Strilli" Lasch, dogter van die nywerheidsmagnaat Helli Lasch. Die egpaar is albei Anglikane. Sy pa is Joods gebore, maar het later 'n Anglikaan geword.Minchom, Clive (11 June 2013).
Publikasies Over, Luke; Oppenheimer, Nicky; Tyrrell, Chris (illustreerder) (2001). Waltham Place: and its Surrounding Parish. . Nicholas Oppenheimer (November 2001).
Sien ook Harry Oppenheimer Ernest Oppenheimer Mynbou-industrie in Suid-Afrika De Beers
Verwysings
Eksterne skakels Biografie van De Beers Oppenheimer se Waltham Place-tuine en plaas Onderhoud in The Guardian, 2005 Profiel in The Economist, 2003
Kategorie:Geboortes in 1945 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs