duimnael|400px|Aanwending van Sjaria volgens lande:

Sjaria (Arabies: شريعة, IFA: ʃaˈriːʕa) is die godsdienswette vir Islamgelowiges en kom uit die Koran en hadit. Die term kom van die Arabiese woord sharīʿah, wat beteken ’n stel morele en godsdienstige wette wat van godsdiensprofesieë kom in teenstelling met menslike wette.

Sjaria behandel baie onderwerpe, soos misdaad, politiek, huwelikskontrakte, godsdiensvoorskrifte en ekonomie, asook persoonlike sake soos seks, higiëne, dieet, gebed, etiket en die vas. Die navolging van sjaria het histories gedien as ’n kenmerkende eienskap van die Moslem-geloof. In sy strengste definisie word sjaria in Islam beskou as die onfeilbare wette van Allah.

thumb|13de-eeuse slawemark, Jemen. Slawe en byvroue word in Sjaria as eiendom beskou; hulle kan gekoop, verkoop, gehuur, geskenk, gedeel en geërf word.

Daar is twee hoofbronne vir sjaria: die Koran en hadit (menings en lewensvoorbeelde van Mohammed).John L. Esposito, Natana J. DeLong-Bas (2001), Women in Muslim family law, bl. 2. Syracuse University Press, Vir onderwerpe en sake wat nie direk in dié bronne behandel word nie, word sjaria afgelei. Die afleidings verskil tussen die verskillende groepe in Islam (hoofsaaklik Soennisme en Sjiisme), en verskeie regsgeleerdheidskole soos Hanafi, Maliki, Sjafii, Hanbali en Jafari. Die sjaria in hierdie skole is hiërargies afgelei deur middel van een of meer van die volgende riglyne: die konsensus van Mohammed se metgeselle, na analogie van die primêre bronne, wette wat volgens Islamitiese juriste in die belang van die Islam is en gebruike.

Sjaria is ’n belangrike bron van wetgewing in baie Moslemlande, waar die regering die meeste of sommige van die kode toepas. Hulle sluit in Saoedi-Arabië, Soedan, Iran, Irak, Afganistan, Pakistan, Broenei, die Verenigde Arabiese Emirate, Katar, Jemen en Mauritanië. In dié lande word strawwe wat deur sjaria voorgeskyf word, dikwels steeds toegepas, soos onthoofding, lyfstraf en steniging – binne of buite die wet.Nisrine Abiad (2008), Sharia, Muslim States and International Human Rights Treaty Obligations, British Institute of International and Comparative Law, Daar is omstredenheid oor wat sommige mense beskou as ’n beweging deur verskeie Islamitiese groepe om sjaria oor die wêreld heen toe te pas, wat al tot geweldIijima, Masako (13 Januarie 2010). "Islamic Police Tighten Grip on Indonesia's Aceh". Reuters. URL besoek op 18 September 2011."Aceh Sharia Police Loved and Hated". The Jakarta Post.Staff (3 Januarie 2003). "Analysis: Nigeria's Sharia Split". BBC News. URL besoek op 19 September 2011. "Thousands of people have been killed in fighting between Christians and Muslims following the introduction of sharia punishments in northern Nigerian states over the past three years".Mshelizza, Ibrahim (28 Julie 2009). "Fight for Sharia Leaves Dozens Dead in Nigeria – Islamic Militants Resisting Western Education Extend Their Campaign of Violence". The Independent. URL besoek op 19 September 2011."Nigeria in Transition: Recent Religious Tensions and Violence" . PBS. en selfs oorlog gelei het.Tibi, Bassam (2008). Political Islam, World Politics and Europe. Routledge, bl. 33 Moslems in die meeste lande erken wel dele van sjaria vir persoonlike sake.Stahnke, Tad and Robert C. Blitt (2005), "The Religion-State Relationship and the Right to Freedom of Religion or Belief: A Comparative Textual Analysis of the Constitutions of Predominantly Muslim Countries." Georgetown Journal of International Law, vol. 36, uitg. 4; sien ook Sharia Law profile by Country, Emory-universiteit (2011)

Die idees van misdaad, die regsproses en straf wat in sjaria vervat is, verskil van dié in sekulêre wette.Encyclopædia Britannica, see article on Shari'ah (Islamic law), 2006 Dit lei soms tot omstredenheid oor of sjaria versoenbaar is met sekulêre regeringsvorme, vroue- en menseregte en vryheid van denke.Al-Suwaidi, J. (1995). Arab and western conceptions of democracy; in Democracy, war, and peace in the Middle East (Red. David Garnham, Mark A. Tessler), Indiana University Press, hoofstukke 5 en 6;

Fikh Fikh is die menslike begrip van die sjaria en die Islamitiese regswetenskap.Fiqh Encyclopedia Britannica Dit behandel die nakoming van rituele, morele waardes en sosiale wetgewing in Islam.

Fikh word deur Islamitiese regsgeleerdes (oelama) uitgebrei en ontwikkel deur die interpretasie (ijtihad) van die Koran en hadit. Dit word deur die beslissings (fatwa) van Islamitiese regsgeleerdes geïmplementeer. Terwyl die Koran en hadit as onfeilbaar beskou word, kan fikh-standaarde van geval tot geval wissel.

Verwysings

Eksterne skakels "Sharia Law in the International Legal Sphere" – Yale-universiteit "Division of Inheritance According to Qur'an"

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Arabiese woorde Kategorie:Islam Kategorie:Regte Kategorie:Islamitiese begrippe