thumb|300px|Die steniging van 'n owerspelige vrou, 'n illustrasie uit 'n manuskrip van Duisend-en-een-nag, 1853-'57.

Islamitiese seksualiteitswette is die regswetenskap oor seksualiteit in Islam, soos grootliks voorgeskryf in die Koran, hadit (mededelings van Mohammed) en fatwa (beslissings deur Islamitiese godsdiensleiers). Dit beperk seks tot ’n huweliksdaad tussen ’n man en vrou. Hoewel die meeste tradisies selibaat ontmoedig, moedig almal streng kuisheid en fatsoenlikheid aan met betrekking tot enige verhouding tussen die twee geslagte. Die sensitiwiteit vir die verskille tussen die geslagte en fatsoenlikheid buite die huwelik kan gesien word in belangrike aspekte van die Islam, soos voorskrifte vir kleredrag en die skeiding tussen mans en vroue.

Hoewel die verbod op seks buite die huwelik streng is, is seks self nie ’n taboe onderwerp nie. Daar is egter selfs ná die troue beperkings: ’n Man mag nie seks met sy vrou hê terwyl sy menstrueer of vir ’n tydperk ná die geboorte van ’n kind nie. Anale seks is ook ’n sonde. Dade en gedrag soos aborsie (buiten om mediese redes) en homoseksualiteit word verbied; geboortebeperking is toelaatbaar.

Puberteit Baligh of boeloegh (Arabies: بالغ of بُلوغ) verwys na iemand wat puberteit bereik het en ten volle aanspreeklik is onder sjaria.

Wat die huwelik betref, hou baligh verband met die Arabiese regsterm hatta toetika'l-ridjal, wat beteken ’n huwelik mag nie plaasvind voordat ’n meisie fisiek gereed is om seksuele omgang te hê nie. Andersins beteken dit die bereiking van seksuele rypheid, deur onder meer menstruasie. Dié twee ouderdomme kan saamval, maar nie noodwendig nie. Net wanneer ’n aparte fase bekend as roesjd, of intellektuele rypheid om na jou eie belange om te sien, bereik word, kan ’n meisie haar bruidsprys ontvang.Masud, Islamic Legal Interpretation, Muftis and Their Fatwas, Harvard University Press, 1996

’n Seun kan sy puberteit bereik vanaf die ouderdom van 12 maanjare (11 jaar en 8 maande) en sal as volgroei beskou word op 15 maanjare (14 jaar, 6 maande en 22 dae) as daar geen tekens van rypheid te bespeur is nie. Tekens van volgroeidheid vir ’n seun is onder meer nat drome, ejakulasie en om ’n vrou swanger te maak. ’n Meisie kan vanaf 9 maanjare (sowat 8 jaar en 8 maande) rypheid bereik en word op 15 maanjare (14 jaar, 6 maande en 22 dae) as volgroei beskou as daar geen tekens van rypheid is nie. Tekens van volgroeidheid sluit in menstruasie, nat drome en swangerskap.

Besnydenis Hitan, khitan of hatna (Arabies: ختان, ختنة) is die term vir die besnydenis van Moslemseuns. In sommige dele van die wêreld, soos Indonesië en Maleisië, kan dit ook verwys na vroulike genitale verminking.khitān Encyclopedia Britannica (2009)“A Tiny Cut”: Female Circumcision in South East Asia The Islamic Monthly (12 Maart 2013)

Die Koran self noem nie besnydenis nie. Volgens sommige haditgeskrifte is dit deel van ’n lys praktyke wat bekend is as fitra (die handelinge van ’n beskaafde mens). Abu Hurayra, ’n metgesel van Mohammed, word aangehaal waar hy sê: "Vyf dinge is fitra: besnydenis, die skeer van skaamhare met ’n skeermes, die knip van die snor, die knip van die naels en die pluk van hare onder die armholtes" (volgens die hadit van Sahih al-Bukhari en Sahih Muslim). Dit word dus van die begin van die Islam af as ’n godsdiensgebruik beskou, al word dit nie in die Koran genoem nie.

Daar is ook haditgeskrifte wat nie besnydenis as deel van fitra noem nie.Sahih al-Bukhari 5890, Boek 77, Hadit 107, http://sunnah.com/bukhari/77/107 ’n Ander hadit van Sahih Muslim noem 10 dinge, maar besnydenis is nie een daarvan nie.Sahih Muslim 261a, Boek 2, Hadit 71, http://sunnah.com/muslim/2/71 Volgens sommige tradisies is Mohammed sonder ’n voorhuid gebore, terwyl ander glo sy oupa Abdul-Muttalib het hom laat besny toe hy sewe dae oud was.Al-Halabi, Ali Ibn-Burhan-al-Din. Alsirah al-halabiyyah. Vol. 1 Beirut: Al-maktabah al-islamiyyah. (n.d.): 54-5 Baie van sy vroeë dissipels is besny as simbool van hul opname in die opkomende Islamgemeenskap. Islamgeleerdes verskil oor die noodsaaklikheid van besnydenis. Sommige meen dit is hoogs aanbevelenswaardig, maar nie verpligtend nie. Ander sien dit as verpligtend vir alle Moslems.

Islamitiese bronne noem nie ’n sekere tyd vir besnydenis nie. Dit hang af van die familie, streek of land. Sommige geleerdes meen egter ouers moet hul seun voor die ouderdom van 10 laat besny. Die verkose ouderdom is gewoonlik sewe jaar, maar sommige Moslems laat dit so vroeg as sewe dae ná die geboorte doen en ander so laat as die begin van puberteit.

Islamgeleerdes verskil daaroor of dit ook gedoen moet word nadat iemand hom tot die Islam bekeer het.

Fatsoenlikheid thumb|200px|'n Uitbeelding van 'n 13de-eeuse slawemark in Jemen, waar byvroue gekoop kon word.

Islam lê groot klem op die begrippe betaamlikheid en fatsoenlikheid – beide binne en buite die huwelik. In sommige haditgeskrifte word laasgenoemde beskryf as "deel van geloof". Dit word ook vereis in die interaksie tussen lede van die teenoorgestelde geslag, en soms ook dieselfde geslag. Die voorskrifte vir kleredrag is deel daarvan.

In die Koran word fatsoenlikheid hoofsaaklik in die soera "Die Lig" beskryf, onder meer:

In die hadit Sunan Abu Dawood staan:

Daar staan ook:

Seks in die huwelik Volgens die Islamitiese reg wettig ’n huwelik seksuele omgang tussen ’n man en vrou. ’n Huwelik is nie beperk tot platoniese vriendskap of net vir voortplanting nie. Seks in die huwelik word aangemoedig in Islam, deels omdat dit ’n manier is om wettig uiting aan ’n mens se seksdrange te gee.

Uitgebreide riglyne word egter vir seks gegee; daar is bronne in beide die Koran en hadit wat mense se welsyn en hul seksinstink bevorder. In soera 2, Die Egskeiding, word seks binne die huwelik openlik aanbeveel: "Maar as hulle gereinig is (ná die maandstonde), gaan dan in by hulle soos Allah julle beveel het" (vers 222). Die Koran sê ook: "Voorspoedig inderdaad is die gelowiges, wat … hulle geslagsdrifte beteuel, behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of dié wat hulle regterhande besit, want dan sal hulle sekerlik nie verwyt kan word nie" (soera 23:5-6). Ook haditbronne beveel die huwelik aan. Die Wasaelush Shia haal Mohammed aan waar hy gesê het: "O, julle jong mans! Ek beveel die huwelik vir julle aan" (vol. 14, bl. 25).

Sekstegnieke Een van die terreine in die Islamitiese seksualiteitswette waar nie baie beperkings geld nie, is die besprekings van sekstegnieke. Feitlik alles oor sekstegnieke in die Islam kom uit haditgeskrifte. Klem word daarop gelê dat "die man en vrou heeltemal vry moet voel tydens wedersydse stimulasie bekend as voorspel". Geen werklike beperkings word gestel op voorspel- of sekstegnieke nie, ook wat betref wedersydse masturbasie.

Een tegniek wat oor die algemeen verbied word, is anale seks. Allah sê in die Koran: "Julle vrouens is vir julle ’n akker; gaan daarom na julle akkers soos dit jul betaam, en stuur vir julself goeie dade vooruit. En kom jul plig teenoor Allah na, en weet dat julle Hom sal ontmoet. En verkondig ’n blye tyding aan die gelowiges" (soera 2:223). Die woord "akker" dui daarop dat net vaginale seks toelaatbaar is in Islam, want dit is hier waar kinders verwek word. Die semen word in die akker geplant net soos saad in die grond.

Alle Moslemse juriste stem saam dat anale seks garaam (verbode) is, soos een hadit dit reguit stel: "Moenie anale seks met vroue hê nie" (volgens Ahmad, At-Tirmidhi, An-Nasa'i, en Ibn Majah). Volgens Ahmad het Mohammed ook gesê: "Vervloek is hy … wat seks met ’n vrou deur haar agterste opening het," en "Allah is nie te skaam om julle die waarheid te vertel nie: Moenie in die anus seks met jul vroue hê nie."

Seksuele verpligtinge In Islam moet die man seksuele omgang met sy vrou hê op ’n manier wat haar bevredig, solank dit nie fisiek vir hom nadelig is of hom daarvan weerhou om ’n verdienste in te bring nie. Die man is verplig om sy vrou op ’n goedhartige en redelike manier te behandel. Deel daarvan is seksuele omgang, wat hy met haar moet hê. Volgens die meeste geleerdes mag mans nie vir langer as vier maande sonder seks bly nie, maar ander meen daar is nie ’n tydsbeperking nie.Ibn Qudaamah, Malik, Al-Mughni, 7/30, Al-Jassaas, Ahkaam al-Qur’aan, 1/374, Shaykh al-Islam, Al-Ikhtiyaaraat al-Fiqhiyyah, bl. 246.

Net so moet ’n vrou ook nie seks van haar man weerhou nie, tensy sy menstrueer, siek is op so ’n manier dat seks vir haar nadelig sal wees of daar gevas word. As sy sonder rede weier, is sy vervloek.al-Fataawa al-Islamiyyah, 3/145, 146, Kashf al-Qinaa’, 5/189, Al-Muhalla, 10/40, Kashf al-Qinaa’, 5/189 Volgens Abu Hurayrah het die profeet gesê: "As ’n man sy vrou na sy bed toe roep en sy weier om te kom, vervloek die engele haar tot die oggend aanbreek" (al-Bukhari, 3065; Muslim, 1436).

Owerspel en ontug Nes seks binne die huwelik aangemoedig word, is daar ook regsmenings oor seksuele verhoudings buite die huwelik. Groter beperkinge word hier gestel. Verder word dié tekste in die Koran bevestig. Volgens soera 24:2-3 is seks buiten met ’n huweliksmaat of byvrou zina (ontug). Dit lui ongetroude manlike en vroulike egbrekers moet 100 strafhoue kry, en daarna mag hulle net met ander egbrekers of met nie-Moslems trou; getroude egbrekers moet gestenig word.

Een sekspraktyk buite die huwelik wat wel wettig is, is omgang tussen ’n man en ’n ongetroude vroulike slaaf wat hy besit. Malik ibn Anas haal ’n geskrif aan waarin Umar b. al-Khattab gesê het as ’n vroulike slaaf die lewe skenk aan haar meester se kind, word die slaaf ’n umm walad (moeder van ’n kind; byvrou).

Daar is ook wette wat bepaal met wie ’n man nie seks mag hê nie. Soera 4:23-24 noem moeders, dogters, susters en stiefsusters, vaders se susters, die dogters van broers en susters, soogmoeders, moeders van vroue, die vroue van seuns en vroue wat reeds getroud is.

Tye wanneer enige seks verbode is, is: Tydens menstruasie; Vir 40 dae ná ’n kind se geboorte; Bedags tydens Ramadan (dus wanneer gevas word); Op bedevaarte, wanneer Moslems in die gewyde toestand ihram is. Huwelike wat tydens ’n bedevaart voltrek word, is onwettig.

Prostitusie ’n Vers in die Koran lui: "En dwing julle slavinne nie tot ontug as hulle verlang om kuis te bly, om die verganklike goedere van hierdie wêreld se lewe te soek nie. Maar indien iemand hulle dwing, dan sal Allah ná die dwang vir hulle Vergewensgesind, Barmhartig wees." (Soera 24:33)

Mohammed het prostitusie (seks in ruil vir geld) verbied. Dit is garaam en enige Moslem wat dit doen, moet gestenig word. Om slawe aan te hou vir seksuele doeleindes is egter nie as prostitusie beskou nie en dit was algemeen tydens die Arabiese slawehandel in die Middeleeue en vroeë moderne tyd, toe vroue en meisies van die Kaukasus, Afrika, Sentraal-Asië en Europa gevang en in die Arabiese wêreld as byvroue in harems aangehou is.Islam and slavery: Sexual slavery Ibn Battuta vertel verskeie kere dat hy vroulike slawe gekoop of gekry het.Insights into the concept of Slavery . San Francisco Unified School District.

Volgens Sjiitiese Moslems het Mohammed tydelike huwelike (nikah mut‘ah) goedgekeur en dit is dikwels gebruik as ’n wettige dekmantel vir sekswerkers. Soennitiese Moslems, wat die grootste deel van Moslems uitmaak, glo dié praktyk is opgehef en eindelik verbied deur óf Mohammed óf een van sy opvolgers, Omar. Albei groepe beskou prostitusie as sondig en verbode.

Homoseksualiteit In die Islam is ’n streng verbod op homoseksualiteit na aanleiding van die verhaal van Lot, soos vertel in byvoorbeeld soera 7:80-84, 26:165-166, 11:69-83, 29:28-35 van die Koran.Camilla Adang (2003), Ibn Hazam on Homosexuality, Al Qantara, Vol. 25, No. 1, ble. 5-31Stephen O. Murray en Will Roscoe (1997), Islamic Homosexualities: Culture, History, and Literature, , New York University Press, ble. 88-94

Die volgende vers is regstreeks aan Mohammed en sy volgelinge gerig:

’n Ander vers lui: