duimnael|Roelf Britz
Roelf Britz (*1906– † onbekend) was ’n Afrikaanse skrywer van romans oor veral die lewens van mynwerkers.
Lewe en werk Roelf Britz is in 1906 in Petrusburg gebore as een van veertien kinders. Hy word groot in die Petrusbrug distrik en verhuis dan op twaalfjarige ouderdom na Bultfontein in die Vrystaat, waar hy matrikuleer. Na skool begin hy by ’n prokureur op Bultfontein werk. Nadat hy tien jaar op Bultfontein deurgebring het, verhuis hy saam met sy ouers na Brandfort. Vir sestien maande slaag hy nie daarin om werk te kry nie, selfs nie toe hy feitlik elke naweek Bloemfontein toe gaan om ook daar te probeer werk vind nie. Uit moedeloosheid gaan hy dan na die Rand toe, waar hy in 1929 in die Witwatersrandse goudmyne begin werk. Later word hy ’n mynkaptein. Hy is getroud en woon in Krugersdorp.
Skryfwerk Sy werk by die myn inspireer hom om tydens sy etensure te begin skryf. Mammon se afgronde en Goudkoors is romans oor mynwerkers, terwyl Die lokstem van verleiding die euwel van dobbel op windhonde en renperde beskryf.
Publikasies Werke uit sy pen sluit in:Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Britz,_Roelf JaarPublikasies1944Mammon se afgronde1945Goudkoors1945Die lokstem van verleiding
Bronnelys
Boeke Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
Tydskrifte en koerante Anoniem. Treurspel-lewe. Transvaler, 29 April 1944
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1906