Albert Crafford (2 November 1932 – 12 Februarie 2001) was ’n joernalis en politieke kommentator by Die Burger en Rapport. Hy het ook spanningsromans geskryf en verskeie boeke in Afrikaans vertaal.
Lewe en werk Albert Crafford is op 2 November 1932 op Carnarvon gebore. Hy was vir 22 jaar ’n joernalis by Die Burger en daarna vir agtien jaar assistentredakteur en politieke kommentator van Rapport tot met sy aftrede in 1992. Hierna vestig hy hom op Franskraal in die Wes-Kaap. Hy was getroud met Carien Pretorius en die egpaar het twee seuns (’n tweeling) en twee dogters. Op Maandag 12 Februarie 2001 is hy op Franskraal aan kolonkanker oorlede.
Skryfwerk Hy is veral bekend vir sy vertalings van Heinz Konsalik se boeke in Afrikaans. Hy skryf ook die spanningsromans “Onheil op Wolwedans” en “Spel met die dood”. In laasgenoemde roman is Henk Basson die teaterbestuurder van die nuwe Teater van die Jeug. Wanneer hy mense laat in die aand in die halfvoltooide teater sien, deel hy sy vermoedens met majoor Lourens van die Veiligheidspolisie. ’n Strik word vir die vermeende saboteurs gestel, maar majoor Lourens is in ’n botsing betrokke na ’n gevaarlike jagtog en word bewusteloos in die hospitaal opgeneem. Intussen gaan die voorbereidings vir die groot première voort, met die hele kabinet wat soontoe genooi is.
Publikasies JaarPublikasies1957Onheil op Wolwedans1972Spel met die doodVertalings1961Skattegrot – Alan Edward HonourTojon, held van die Noordland – Nicholas Kalashnikoff1962Deur die woestyn – Karl MayNoodlanding in die oerwoud – Herbert KranzDie rykaard met die pik – Alan Edward HonourSkerwe van die Ysterkruis – Heinz KonsalikStryd teen die oerwoud – Carl Stephenson1963Die geskende gesig – Heinz KonsalikPablo – Käthe RecheisDie valskermbataljon – Heinz Konsalik1964Hinderlaag in Geraamtekloof – Herbert KranzSewe teen die naamlose – Herbert KranzStrafkamp in die berge – Heinz Konsalik1965Die hart van die sesde leër – Heinz KonsalikDie laaste gevangene – Heinz Konsalik1966Dirk se hond Bello – Meindert de JongDokter Erika Werner – Heinz KonsalikDokter Erika Werner – Heinz Konsalik1967Die voortvlugtige spioen – Heinz Konsalik1969Die noodlot in sy hand – Gerd Hafner1970Reinaard die Vos – Roy BrownRoem was hul metgesel – Roderich MenzelRokoebai en die duisend ryskommetjies – Yoshiko Uchida
Verwysings
Bronnelys Tydskrifte en koerante Anoniem. “Heengegaan”. “Volksblad”. 13 Februarie 2001 Vosloo, Johan. “Albert Crafford 40 jaar joernalis”. “Rapport”. 18 Februarie 2001
Internet Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/2001/02/17/2/73.html OCLC Classify: http://classify.oclc.org/classify2/ClassifyDemo?search-author-txt=Crafford,%20Albert Vosloo, Johan. Rapport: http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2001/02/18/12/11.html Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/viaf-20698411/
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2001