B.K. de Beer (25 September 1916 – 12 Oktober 1982) is ’n Afrikaanse skrywer van veral streeksgeskiedenisboeke.
Lewe en werk Bertus Klaas de Beer is op 25 September 1916 gebore. Hy is ’n boer langs die Krokodilrivier net ’n paar kilometer aan die onderkant van die Hartbeespoortdam. Benewens boerdery het hy baie ander uiteenlopende belangstellings. Hy is getroud met Makkie de Beer, wat na sy dood self begin skryf en die “Stories van die Riemland”-reeks publiseer, waarvan “Gees van die Labrador” die eerste was. Hy is op 12 Oktober 1982 oorlede.
Skryfwerk Hy publiseer self die letterkundige studie “Reël, rym en ritme”. “Agter die Magalies” is ’n boek oor die geskiedenis van Brits en omgewing vanaf die oertyd tot die hede. Die skrywer werk langer as dertig jaar aan hierdie boek en gebruik hoofsaaklik die getuienis van mense wat self die gebeure meegemaak het. Daar is ook kort Stamregisterlyste van verskeie families. Hierdie boek word later ook in elektroniese formaat vrygestel. “Hartbeespoortdam” is die publikasie van hoofstuk agtien uit “Agter die Magalies”, waarin hy die geskiedenis van die dam uiteensit en beskryf hoe afhanklik die boere was van die water uit die dam.
Publikasies JaarPublikasies1975Agter die Magalies1977Reël, rym en ritme1978Die resultaat van Britse demokrasie in Suid-Afrika2013Hartbeespoortdam
Bronnelys
Internet Eggsa: http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=706404 Green, Phyllis Sarie: http://www.sarie.com/lewe-liefdes/5-boekminute-met-makkie-de-beer/ Smashwords: https://www.smashwords.com/profile/view/bkdebeer Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ADe+Beer%2C+Bertus+Klaas%2C&qt=hot_author
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1916 Kategorie:Sterftes in 1982