Ben Conradie (*23 Oktober 1913, De Aar – †13 Maart 1990, StrandConradie Geslagsregister: http://www.afrikaner.co.za/pietwerf/geslagsregister.htm ) was 'n Afrikaanse skrywer van jeugverhale, romans vir volwassenes, dramas en godsdienstige boeke.Conradie outeurs: http://www.afrikaner.co.za/pietwerf/outeurs.htm
Lewe en werk
Herkoms en opleiding Barend Jacobus Conradie is op 23 Oktober 1913 op De Aar in die Noord-Kaap gebore, waar sy pa aan die Suid-Afrikaanse Spoorweë verbonde was. Vanaf 1916 tot 1927 woon die gesin op die spoorwegstasie Paardevlei sowat 13 kilometer noord van De Aar, waar sy pa toe stasiemeester was.
Ben begin sy skoolloopbaan op De Aar en gaan elke dag met die trein skool toe. Vanaf Mei 1926 tot Mei 1927 woon hulle op Moorreesburg en trek dan terug na De Aar, waar hy in 1931 matrikuleer. Hy studeer vanaf 1932 verder aan die Universiteit van Stellenbosch, maar slaag nie in sy eksamens nie en is in 1934 verplig om die universiteit te verlaat. In 1934 is hy dan vir ’n paar maande reisende sekretaris van die Christelike Studentevereniging (CSV) in die Vrystaat, waarna hy terugkeer na die Universiteit van Stellenbosch en nou meer sukses behaal met sy studies.
Op universiteit is hy lid van die Studenteraad, kaptein van die hokkieklub en neem ’n leidende rol in die CSV. Hier ontmoet hy ook vir Elizabeth Malherbe (Esmé) Loubser (gebore 17 Julie 1916), met wie hy op 4 Februarie 1939 in die Strand getroud is. Hy en sy vrou het twee kinders, Jac en Elsabé. Op Stellenbosch behaal hy ’n B.A.-graad, ’n Senior Onderwysdiploma en ’n M.A.-graad in Sosiologie in 1941 met ’n verhandeling oor ’n Sosiologiese studie van die Christelike Studenteverenigingbeweging.Kakkerlak: http://kakkerlak.co.za/skrywersprofiele/conradie-ben/
Loopbaan In 1938 is hy dosent aan die Lovedale Opleidingskollege vir swart onderwysers en vir die eerste ses maande van 1939 is hy as onderwyser verbonde aan die Verbeteringskool te Tokai in Kaapstad.
Vanaf Julie 1939 tot Desember 1945 is hy as dosent verbonde aan die Opleidingskollege vir Kleurlinge te Soutrivier in die Kaap. In 1943 reis hy weer vir die CSV, besoek al die Kleurlingskole in die Kaapprovinsie en bring ook ’n Kleurling CSV tot stand. Vanaf 1946 tot 1956 is hy onderwyser in Afrikaans en geskiedenis aan die Hoërskool Nassau in Mowbray en vanaf 1956 tot 1973 is hy verbonde aan die Hoërskool J.J. du Preez in Parow. In hierdie tyd word hy voorsitter van die Kaapse tak van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en hy dien op verskeie komitees. Hy woon tussen 1944 en 1948 in Pinelands en vanaf 1949 tot 1974 in Durbanville.
Persoonlike lewe Tydens sy skoolhoujare stig hy in 1951 die onderneming Saamtrek-Toere en in vakansietye bied hy toere aan na bestemmings soos Europa, die Verre Ooste, die naburige lande (Rhodesië, Suidwes-Afrika en Swaziland) en ook in die binneland. Twee kere (1960 en weer in 1970) is hy self die leier van groot toere na Europa. Hy begin ook die Dapper en Stapperklub sodat hy meer tyd saam met die jeug kan deurbring. Na sy aftrede in 1975 vestig hy hom in die Strand waar hy aktief deelneem aan die gemeenskapslewe en onder andere hoof is van die Sondagskool van die NG Kerk Strand-Noord en betrokke is by die Kultuuraksie op die dorp.
Hy is op 13 Maart 1990 in sy huis in die Strand oorlede. Sy vrou is op 4 Februarie 2008 in die Strand oorlede.Anoniem. Jeugverhaal-skrywer sterf in Strand. Die Burger, 14 Maart 1990
Skryfwerk In Oktober 1944 begin hy skryf aan ’n verhaal oor die onbekommerde dae in die Karoo met sy windbuks, met die hoop dat hy met sy skryfwerk ekstra inkomste sal kan verdien. Die manuskrip word egter afgekeur. ’n Tweede manuskrip word beter ontvang en hierdie aanmoediging laat hom voortgaan met sy skryfwerk.
Sy vernaamste werk is jeugverhale, maar hy skryf ook boeke vir volwassenes, dramas en godsdienstige boeke.
Dramas Hy skryf die drama Ons vir jou, Suid-Afrika, wat in 1657 afspeel tussen vier kinders van Vryburgers, terwyl hy ook Die stigtingsvergadering van die Genootskap van Regte Afrikaners dramatiseer. Uit die tyd van Jan van Riebeeck lewer hy ’n aantal dramatiese werke, waaronder Die Goeie Hoop (wat aan skole voorgeskryf word), Aantree Sekunde (wat oor die radio uitgesaai word en deur Dalro gepubliseer word), die ongepubliseerde versdrama Die voorste voorstes en die ongepubliseerde Journal Intimé. Die Strooidak preek in Het Afrikaans is ’n radiodrama wat hy vir die Afrikaanse eeufeesjaar in 1975 skryf, maar dit word nie uitgesaai nie.
Digkuns In 1983 hanteer hy self die publikasie van ’n digbundel, getiteld Ode aan die Strand.
Na sy aftrede gee hy privaat sonnetbundels uit, wat hy aan sy vriende skenk.
Nie-fiksie Hy skryf ook ’n biografie oor Andrew Murray na honderd jaar en twee woordeboeke, een vir hoërskole in 1959 en een vir laerskole in 1967.
Romans Heloise is ’n roman waarin die hoofkarakter wonder oor die gevoel wat sy kry dat sy reeds iewers in die verlede geleef het. Hierdie gewaarwordings bots met haar lewensbesluite en liefdeslewe. Sy het reeds jare ’n standvastige verhouding met ’n betroubare jong man, maar nou het sy enkele dae tevore iemand ontmoet wat haar voete onder haar uitgeslaan het.
Kortverhale Ben se kortverhaal, Spore op die bergpad, word opgeneem in die versamelbundel Geseënd is julle, onder redaksie van S.J. Malan en W.H. Vos.
Jeugverhale Hy is egter veral bekend vir sy talle werke vir die jeug. Goue voete handel oor ’n swart sokkerspeler van Soweto wat groot sukses behaal.
Boomsingertjie, sing!Steenberg, Elsabe. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 19 no. 1, Februarie 1981 speel af teen die agtergrond van die Groot Griep van 1918, waar Loffie se ouers beide platgetrek word deur hierdie siekte en hy die boomsingertjie vra om te sing, sodat hy van die siekte en alles wat hom bang maak, kan vergeet.
In Die wit ZaidaSnyman, Lydia. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 25 no. 1, Maart 1985 moet ’n gesin uit die Vrystaat vir vier maande in die natuurtuin Disakloof naby Kleinmond in die Overberg vertoef. Die negejarige hoofkarakter Zaida ontdek die enigste wit disa in die tuin. Die kurator vra die kinders om op die uitkyk te wees vir plantdiewe en hulle betrap dan ook ’n man wat die disas steel. Die disa word dan na haar vernoem. Die boek het ’n duidelike natuurbewaringsboodskap en verskaf heelwat interessante inligting oor plante, veral disas.
As oom Markus weer kom bevat jeugherinneringe, waarin ervarings en die omgewing en natuur van vervloë dae opgeteken word.
In Die duiwe en die spreeu is Kanarie en sy maats in standerd nege. Kanarie wil dokter word, Prof predikant en Dawid het besluit om eers sy militêre opleiding te voltooi. Net so is Joana, Hester, Maryna en Frikkie ook reeds aan’t planne maak vir die toekoms. Die onderwysers en ds. Jansen maan, gee raad, skrobbeer en help so vorm en rigting gee aan elk van die jongmense se drome en ideale. Dan gebeur iets wat die maats tot stilstand ruk en hulle opnuut laat besef dat God alleen beskik.
Kogmatien is die verhaal van ’n prehistoriese dier wat oorleef het in die tyd toe die Karoo ’n waterryke en dig begroeide wêreld vol wonderlike gediertes was. In die Maart vakansie gaan Gertjie-hulle na Flinkfontein, die plaas in die Groot Karoo waar sy pa groot geword het. Sy pa praat voortdurend van die meerkatte en otters en dasadders wat daar hou. Gertjie het nooit regtig geglo dat dasadders bestaan nie, maar die voorlaaste aand vang hy iets in sy mandjie-wip. Hy waag nie om die mandjie oop te maak nie en gaan sit dit stilletjies agter in die motor. Terug in die Strand vind hulle uit Gertjie het ’n dasadder gevang, wat niemand eintlik geglo het werklik bestaan nie. Gertjie kan nie besluit of dit reg of verkeerd is om Kogmatien aan te hou nie, maar sy verlamde vriendinnetjie Lelia raak elke dag meer en meer geheg aan die rare wesentjie met sy grillerige stert.
Die skyngeveg is die verhaal van die jaarlikse skyngeveg op De Aar tussen die vyf skoolkadetpelotons. Dit is ’n hoogtepunt in die jaar waarna almal uitsien. Fasie en Riaan is in standerd sewe, maar Fasie se geesdrif word gedemp deur sy ouma se ernstige siekte en Riaan se pa wil nie hê dat hy ’n kadet moet wees nie, want dit maak die kinders mak vir oorlog, wat verkeerd is. Een van die pelotons het vanjaar ’n geheime wapen en die skyngeveg loop dan lelik verkeerd.
Speurdersbloed-reeks Hy skryf ook ’n paar reekse vir die jeug. Die Speurdersbloed-reeks het die drieling André, Arndt en Arnold Grobbelaar as hoofkarakters. Wanneer die reeks begin is hulle in standerd sewe, hulle ouer broer Theo in standerd nege en hulle ouer suster Lisa op universiteit. In Die drieling op die spoor (later in verwerkte vorm heruitgegee as Speurders op die spoor) kom André op die lyk van ’n man af, maar die lyk verdwyn dan op geheimsinnige wyse. Die ander is skepties oor sy verhaal, wat André genoodsaak om self verder ondersoek in te stel. Hy beland egter in verskeie vreemde situasies, want daar is ander mense wat ook op die spoor van hierdie geheim is.
Nagwolwe-reeks Conradie skryf ook die Nagwolwe-reeks, wat met die Speurdersbloed-reeks oorvleuel en dieselfde karakters het.
Ander reekse Saam met ’n skoolhoof skryf hy ook ’n reeks skoolboekies vir standerds 3 en 4, onder andere Frederick Boer, Spoorwegman, wat deur Nasionale Opvoeding bekroon word.
Publikasies Werke wat uit sy pen verskyn sluit in:Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Conradie,_BenSpringbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/ben_conradie_boeke.html Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AConradie%2C+Ben.&qt=hot_author JaaePublikasiedJaa1945Die De Kuilen-kommando1946Spore op die bergpad1948Die Goeie HoopVreemde spore1949SpeurdersbloedSy verlore nooientjie1950Verstrik in die Nimmereindkloof1951Andrew Murray na honderd jaar’n God welgevallige offer: ’n lewenskets van Ellen JacobsHeloïseMooi is die nagloedSkaduwee in die NimmereindkloofWie anders as jy?1952En nou, waarheen verder?Ons vir jou, Suid-AfrikaDie stigtingsvergadering van die Genootskap van Regte Afrikaners1953Die onsterflike hoop1954Die Springbokke van die Karoo1956Daar is rugby in sy bloed1957Lewe of dood1961Maats op ver paaie1966Juta se verklarende Afrikaanse skoolwoordeboek1971Aantree sekunde1975Die rietbok se fluit1976Die put met die goue water1977Speurders op die spoorDie vertrek van die rietswaels1978As oom Markus weer kom1980Boomsingertjie, sing!1981Goue voeteDie skyngeveg1983Die wit ZaidaDie duiwe en die spreeuDie intieme joernaal van Maria van Riebeeck1984Oë wat hoor1985Klein vossies is ook grootKogmatien1986Aandblom se oop hekDie mensvreter van die Kaap1987EsterDie Nagwolwe-reeks1946Speurdersbloed1947Takbokkop se Speurders1950Dieprivier se MonsterDonker nagteDie Jagklub-moordVasgekeer in die NimmereindkloofDie Geheim van die NimmereindkloofDie Verlore NooientjieDie Speurdersbloed-reeks1946Speurdersbloed1947Takbokkop se speurders1950NagwolweDieprivier se monster’n Vis honderd1962Die drieling op die spoor
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
Tydskrifte en koerante De Klerk, W.A. In memoriam Ben Conradie. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 28 no. 4, November 1990
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1913 Kategorie:Sterftes in 1990