duimnael|Groen blaargroente, allium, en kruisdraende groente is die sleutelbestanddele van 'n gesonde dieet. duimnael|Gewone kleurvolle kulinêre vrugte. Appels, pere, aarbeie, lemoene, piesangs, druiwe, waatlemoen, spanspek, pynappel en mango.
'n Gesonde dieet dra daartoe by om algehele gesondheid in stand te hou of te verbeter.
'n Gesonde dieet voorsien die liggaam van noodsaaklike voeding: vloeistof, voldoende essensiële aminosureafkomstig van proteïen,"ESSENTIAL AMINO ACID REQUIREMENTS: A REVIEW" essensiële vetsure, vitamiene, minerale, en voldoende kalorieë. 'n Gesonde dieet se behoeftes kan verkry word uit 'n verskeidenheid van plant-gebaseerde en dier-gebaseerde voedsel. 'n Gesonde dieet ondersteun energiebehoeftes en voorsien menslike voeding sonder blootstelling aan toksisiteit of oormatige gewigstoename as gevolg van oormatige hoeveelhede kos. Waar 'n tekort aan kalorieë nie 'n kwessie is nie, word 'n goed-gebalanseerde dieet – saam met oefening - belangrik geag vir die verlaging van gesondheidsrisiko's, soos vetsug, hartsiektes, tipe 2-diabetes, hoë bloeddruk en kanker."WHO | Promoting fruit and vegetable consumption around the world".
Verskeie voedingsgidse word gepubliseer deur mediese en staatsinstellings om die publiek op te voed oor wat hulle moet eet om gesondheid te bevorder. Voedingsetikette is verpligtend in sommige lande en stel verbruikers in staat om kos te kies gebaseer op die bestanddele wat ter sake is vir gesondheid.
Die idee van dieetterapie (om deur dieetkeuses jou gesondheid in stand te hou en swak gesondheid te verbeter) is baie oud. Dit bevat dus beide die moderne wetenskap (mediese voedingsterapie) en voor-wetenskaplike vorme van terapie (bv. dieetterapie in tradisionele Chinese medisyne).
Die Voedsel- en Landbouorganisasie van die VN en die Wêreldgesonheidsorganisasie (WGO) het vier kernbeginsels geformuleer wat 'n gesonde dieet behoort in te sluit. Volgens hierdie twee organisasies is gesondheidsdiëte:
Genoegsaam, aangesien dit aan die liggaam se energie- en noodsaaklike voedingsbehoeftes voldoen, sonder om dit te oorskry, ter ondersteuning van al die baie liggaamsfunksies. Divers, aangesien dit verskeie voedsame voedselbronne binne en oor voedselgroepe insluit wat verseker dat die liggaam die voldoende benodigde voedingstowwe inneem. Gebalanseerd, aangesien dit energie van die drie primêre bronne (proteïen, vette en koolhidrate) op 'n gebalanseerde manier insluit wat gesonde gewig, groei en aktiwiteit bevorder, en help om siektes te voorkom. Matig, aangesien dit slegs klein hoeveelhede (of geen) voedsel insluit wat 'n negatiewe impak op gesondheid kan hê nie, soos byvoorbeeld voedsel hoog in sout en suiker.FAO (2024). The quest for healthy diets. FAO. https://doi.org/10.4060/cd2223en. ISBN 978-92-5-139116-7. Aanbevelings
Wêreldgesondheidsorganisasie Die WGO maak die volgende vyf aanbevelings met betrekking tot populasies en individue:"WHO | Diet". Eet naastenby dieselfde hoeveelheid kalorieë as wat jou liggaam verbruik. 'n Gesonde massa is die gevolg van 'n balans tussen die energie wat ingeneem word en die energie wat verbrand word. Beperk die inname van vette en gee voorkeur aan onversadigde vette bo versadigde vette en transvette. Verhoog die inname van plantkosse, veral vrugte, groente, peulgewasse, volgrane en neute. Beperk die inname van suiker. 'n Verslag van 2003 beveel aan dat minder as 10% van kalorie-inname van eenvoudige suikers afkomstig moet wees."WHO/FAO release independent Expert Report on diet and chronic disease". Beperk sout/natrium inname van alle bronne en verseker dat jy gejodeerde sout gebruik. Verdere aanbevelings sluit in: Verseker die inname van noodsaaklike mikronutriënte soos vitamiene en sekere minerale. Vermy giftige (bv. swaar metale)) en karsinogeniese stowwe (bv. benseen). Vermy voedsel wat besmet is met menslike patogene (bv. E. coli, lintwurmeiers).
Verenigde State Departement van Landbou Die dieetriglyne van die Verenigde State Departement van Landbou beveel drie gesonde dieetpatrone aan vir 'n 2000-kaloriedieet. 'n Opsomming hiervan verskyn in die onderstaande tabel.Dietary Guidelines Advisory Committee.
Dit beklemtoon gesondheid, maar ook omgewingsvolhoubaarheid. Die komitee wat dit saamgestel het, het geskryf dat diëte wat hoog is in plantkosse, en laer in kalorieë en diereprodukte, gesondheid bevorder het en 'n kleiner omgewingsimpak het as die huidige Amerikaanse dieet. Hierdie eetpatroon kan gehandhaaf word deur 'n verskeidenheid van dieetpatrone, wat insluit die “Healthy U.S.-style Pattern,” die “Healthy Mediterranean-style Pattern,” en die “Healthy Vegetarian Pattern”. Voedselgroepe is per dag bereken, tensy dit as weekliks aangedui word. Voedselgroep (eenhede)Gesonde VSA patroneGesonde vegetariese patroneGesonde Med-styl patroneVrugte (koppie)222.5Groente (k)2.52.52.5Donkergroen1.5/wk1.5/wk1.5/wkRooi/oranje5.5/wk5.5/wk5.5/wkStysel5/wk5/wk5/wkPeule1.5/wk3/wk1.5/wkAnder4/wk4/wk4/wkGrane (onse)66.56Vol33.53Verfyn333Suiwel (k)332Protein (onse)5.53.56.5Vleis (rooi; verwerk)12.5/wk --12.5/wkPluimvee10.5/wk --10.5/wkSeekos8/wk --15/wkEiers3/wk3/wk3/wkNeute/sade4/wk7/wk4/wkVerwerkte soja (ook Tofu)0.5/wk8/wk0.5/wkOlie (gram)272727Soliede vette (gram)182117Bygevoegde suikers (gram)303629
Amerikaanse Hartstigting / Wêreldkankernavorsingsfonds / Amerikaanse Instituut vir Kankernavorsing Die Amerikaanse Hartstigting, Wêreldkankernavorsingsfonds en Amerikaanse Instituut vir Kankernavorsing beveel aan dat 'n dieet hoofsaaklik uit onverwerkte plantkosse bestaan, met die klem op 'n groot verskeidenheid volgrane, peulgewasse en styselvrye vrugte en groente. Hierdie vrugte en groente voorsien verskillende kleure voedsel, bv. rooi, oranje,wit, geel, pers en groen. Hulle wys daarop dat tamaties wat in olie gaargemaak word met knoffel, asook kruisdraende groente soos blomkool, beskerming bied teen kanker. Hierdie gesonde dieet is laag in energiedigtheid wat gewigstoename kan beperk en beskerming bied teen siektes. Dis ook gebaseer op beperkte inname van suikerdrankies, wegneemetes, rooivleis en verwerkte vleise ten einde gesondheid te bevorder en die risiko van chroniese siekte te verlaag."Food, Nutrition, Physical Activity, and the Prevention of Cancer: a Global Perspective" (PDF)."American Cancer Society Guidelines on Nutrition and Physical Activity for Cancer Prevention" (PDF).
VIr kinders word minder as 25 gram bygevoegde suiker per dag aanbeveel.Vos, Miriam B.; Kaar, Jill L.; Welsh, Jean A.; Van Horn, Linda V.; Feig, Daniel I.; Anderson, Cheryl A.M.; Patel, Mahesh J.; Cruz Munos, Jessica; Krebs, Nancy F.; Xanthakos, Stavra A.; Johnson, Rachel K. (22 Augustus 2016). Verdere aanbevelings sluit in dat kinders onder twee jaar geen ekstra suiker inneem nie en minder as een gaskoeldrank per week.
Harvard se Skool vir Openbare Gesondheid "The Nutrition Source " van Harvard se Skool vir Openbare Gesondheid maak die volgene 10 aanbevelings vir 'n gesonde dieet: Kies goeie koolhidrate: volgrane wat so min as moontlik verwerk is, groente, vrugte en bone. Vermy alle wit stysels, pasteie en fyngebak, gaskoeldranke en verwerkte kosse."Carbohydrates" . Wees bedag op die proteïenpakket: goeie bronne is vis, pluimvee, neute en bone. Vermy rooivleis."Protein: Moving Closer to Center Stage" Kies voedsel wat gesonde vette bevat. Plantolie, neute en vis is die beste keuses. Beperk kosse met versadigde vette en vermy transvette in kos. Kies veselryke kos wat insluit volgrane, groente en vrugte. Eet gereeld groente en vrugte van verskillende kleure. Kalsium is belangrik, maar melk is nie die beste of enigste bron nie. Goeie bronne is kool en spinasie, verrykte sojamelk, gebakte bone en Vitamien D-aanvullings. Water is die beste bron van vloeistof. Beperk die inname van sap en melk. Koffie en tee, 100-persent vrugtesap en alkohol kan deel wees van 'n gesonde dieet - maar met matige gebruik. Sportdrankies word slegs aanbeveel vir persone wat meer as 'n uur op 'n keer oefen ten einde stowwe te vervang wat deur sweet verlore gaan. Beperk soutinname. Kies meer vars voedsel bo verwerkte voedsel. Matige gebruik van alkohol hou gesondheidsvoordele in, maar is nie geskik vir almal nie. 'n Daaglikse mulivitamienaanvulling en ekstra vitamien D hou potensiële gesondheidsvoordele in. Hierdie gids beveel ook aan dat daar, buiten voeding, ook gereelde fisieke aktiwiteit en oefening moet wees en dat 'n gesonde liggaamsmassa gehandhaaf moet word.
Vir spesifieke toestande Bykomend tot dieetaanbevelings vir die algemene bevolking, is daar ook baie spesifieke diëte wat ontwikkel is om beter gesondheid te bevorder in spesifieke bevolkingsgroepe, soos mense met hoë bloeddruk (lae-natrium dieet of die meer spesifieke DASH dieet), of mense wat oorgewig of vetsugtig (gewigsbeheerdiëte). Sommige van hierdie diëte sal ook voordelige uitwerking op normale mense hê.
Hoë bloeddruk 'n Lae-natrium-dieet is voordelig vir mense met hoë bloeddruk. 'n Cochrane-oorsig van 2008 het bevind dat 'n langtermyn (meer as 4 weke) lae-natrium-dieet 'n nuttige effek het om bloeddruk te verlaag, beide in mense met hoë bloeddruk en dié met normale bloeddruk.He FJ, MacGregor GA.
Die DASH dieet (Dietary Approaches to Stop Hypertension) is gemik op die beheer van hoë bloeddruk. 'n Belangrike kenmerk van die plan is die beperkte inname van natrium. "Your Guide To Lowering Your Blood Pressure With DASH" (PDF) 'n Algemene riglyn is die gebruik van neute, volgraan, vis, pluimvee, lekkers, suiker, vrugte en groente, terwyl die inname van rooivleis verlaag word. Dit is ook "ryk aan kalium, magnesium en kalsium, sowel as proteïen". Navorsing bewys dat die Mediterreense dieet kardiovaskulêre uitkomste verbeter.Walker C, Reamy BV (April 2009).
Vetsug Gewigsbeheerdiëte het ten doel om gekontroleerde gewig te handhaaf. In die meeste gevalle word die dieet in kombinasie met fisiese oefening gedoen om gewig te verloor in diegene wat oorgewig of vetsugtig is.
Diëte wat gewigsverlies bevorder word in vier kategorieë verdeel: lae-vet, lae-koolhidraat, lae-kalorie, en baie lae-kalorie.Strychar I (Januarie 2006). 'n Meta-analise van ses ewekansige gekontroleerde proewe het bevind dat daar geen verskil is tussen die belangrikste dieettipes (lae-kalorie, lae koolhidraat, lae vet) nie, met 'n 2- 4 kilogram gewigverlies in alle studies.
Glutenverwante siektes Gluten verwys na 'n mengsel van proteïene wat in koring en verwante graan, insluitend gars, rog, hawer, en al hul spesies en basters (soos spelt, kamut, en korog), voorkom en gesondheidsprobleme veroorsaak vir mense met glutenverwante siektes soos coeliakie, nie-coeliakie gluten sensitiwiteit, glutenataksie, dermatitis herpetiformis, en koringallergie. Vir hierdie spesifieke mense is 'n glutenvrye-dieet die enigste beskikbare behandeling.
Ongesonde dieet Die Westerse dieet wat tipies gevolg word deur Amerikaners, en toenemend aangeneem word deur mense in die ontwikkelende wêreld, is ongesond: dit is "ryk aan rooivleis, suiwelprodukte, verwerkte en kunsmatig versoete kosse, sout, met 'n minimale inname van vrugte, groente, vis, peule, en volgrane."Bloomfield, HE; Kane, R; Koeller, E; Greer, N; MacDonald, R; Wilt, T (November 2015).
'n Ongesonde dieet is 'n groot risikofaktor vir 'n aantal chroniese siektes insluitend hoë bloeddruk, diabetes, abnormale bloed lipiede, oorgewig/obesiteit, kardiovaskulêre siektes en kanker."WHO | Diet and physical activity: a public health priority".
Die WGO skat dat 2.7 miljoen sterftes elke jaar toegeskryf kan word aan 'n dieet wat laag is in vrugte en groente . Wêreldwyd veroorsaak dit na raming sowat 19% van maagkanker, 31% van iskemiese hartsiekte, en 11% van beroertes, wat dit een van die vernaamste voorkombare oorsake van dood wêreldwyd maak.Lopez AD, Mathers CD, Ezzati M, Jamison DT, Murray CJ (Mei 2006).
Kulturele en sielkundige faktore