In die Abrahamitiese godsdienste Judaïsme, Christendom en Islam is Gabriël (Hebreeus: גַּבְרִיאֵל, Gawri'el, "God is my krag"; Grieks: Γαβριήλ, Gabriel; Kopties: Ⲅⲁⲃⲣⲓⲏⲗ; Aramees: ܓܒܪܝܝܠ; Arabies: جبريل, Djibril of جبرائيل, Djibrail) ’n engel wat boodskappe van God aan sekere mense oorgedra het.
In die Bybel Hy word in die Ou en Nuwe Testament van die Bybel genoem. In eersgenoemde verskyn hy aan die profeet Daniël.Dan. 8:15-26, 9:21-27 In die Evangelie volgens Lukas verskyn hy aan Sagaria en Maria om die geboorte van onderskeidelik Johannes die Doper en Jesus aan te kondig.Luk. 1:11-38 In Daniël word na hom verwys as "iemand wat soos ’n man lyk", terwyl hy in Lukas "’n engel van die Here" genoem word. Hy word nie in die Bybel ’n aartsengel genoem nie, maar wel in bronne uit die intertestamentiese tydperk, soos die boek Henog.
In Rooms-Katolieke, Oosters-Ortodokse en Anglikaanse kerke word Migael, Rafael en Gabriël ook heiliges genoem.
In die Koran duimnael|links|’n Middeleeuse Islamitiese uitbeelding uit die Arabiese manuskrip Die Wondere van die Skepping en die Snaaksighede van die Bestaan, 14de eeu. In die Islam word Gabriël (Djibril of Djibrail) beskou as ’n aartsengel wat Allah as boodskapper na verskeie profete gestuur het, onder andere Adam en Mohammed. Moslems glo God het die Koran deur Gabriël aan Mohammed geopenbaar, waarvan die 69ste soera, Die Gestolde Bloed, die eerste was. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.
Gabriël word verskeie kere in die Koran genoemByvoorbeeld in Soera 2:97 en 66:4 In soera 2:98 word hy en Migael (Migiel) engele en boodskappers van Allah genoem. Nes in die Christendom het Gabriël die geboorte van Johannes die Doper en Jesus geopenbaar.Stories of the Prophets, Ibn Kathir, Story of Zachariah; Story of Jesus Hy was ook een van drie engele wat die geboorte van Isak aan Abraham bekendgemaak het.Stories of the Prophets, Ibn Kathir, Story of Ishmael
Verwysings
Eksterne skakels
Archangel Correspondence. Archangel Gabriel, Angelic & Planetary Symbols. URL besoek op 15 November 2013. Catholic Encyclopedia. St. Gabriel the Archangel. URL besoek op 15 November 2013.
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Goeie engele Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Hebreeuse Bybel Kategorie:Ou Testament Kategorie:Nuwe Testament Kategorie:Islam